Slenkdalkoors | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Weefsel wat aangetas is deur slenkdalkoors. | ||
ICD-10 | G12.2 | |
ICD-9 | 335.2 | |
DiseasesDB | 8358 | |
MeSH | D016472 | |
Mediese waarskuwing |
Slenkdalkoors, ook genoem sinkdalkoors en tot 'n mindere mate skeurdalkoors of skeurvalleikoors, is 'n akute virussiekte wat deur insekte oorgedra word en hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas. Dit word hoofsaaklik deur muskiete versprei. Slenkdalkoors hou ook 'n groot gesondheidsgevaar vir die mens in.
Die naam "slenkdalkoors" kom van die Slenkdalgebied in Kenia, waar die siekte die eerste keer beskryf is. Die virus is die eerste keer in 1930 tydens 'n epidemie onder skape in die Slenkdalgebied in Afrika geïsoleer.
Die siekte kom gewoonlik in die laat somer voor as dit warm en die lugvogtigheid hoog is. Die grootste risiko vir besmetting kom by veeartse, veeboere en plaaswerkers voor.
Slenkdalkoors was een van meer as 'n dosyn agente waarop die Verenigde State van Amerika navorsing gedoen het as potensiële biologiese wapens voordat hulle hul biologiese program gestaak het.[1]