Su-27 Flanker | |
---|---|
'n Soechoi Su-27SKM by die MAKS-2005-lugskou | |
Tipe | Lugsuperioriteit, straalvegter |
Vervaardiger | Soechoi |
Nooiensvlug | 20 Mei 1977 |
Vrygestel | 22 June 1985 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag Wit-Russiese Lugmag Oekraïnse Lugmag Chinese Volksbevrydingslugmag |
Vervaardig | 1982–hede |
Aantal gebou | 680[1] |
Eenheidskoste | VS$30 miljoen |
Weergawes | Soechoi Su-35 |
Die Su-27 (NAVO-naam Flanker) is 'n tweemotorige supermanuvreerbare aanvalsvliegtuig ontwerp deur Soechoi in die Sowjetunie. Dit is bedoel as 'n direkte mededinger vir die groot Verenigde State vierde-generasie vegters, met 3 530 km reikafstand, swaar wapentuig, gesofistikeerde avionika en hoë beweegbaarheid.
Die Su-27 vlieg meestal lugoppermagsmissies, maar die moderner weergawes is in staat om byna al die gevegsoefeninge uit te voer. Aanvullend tot die kleiner MiG-29, is die Su-27 die naaste eweknie aan die Amerikaanse F-15 Eagle. Die Su-27 tree in diens van die Sowjetlugmag in 1985. Vandag word dit steeds operasioneel ontplooi deur die Russiese Lugmag, maar ook voormalige Sowjetstate en in bondgenote van dié lande.