Soechoi Su-35 | |
---|---|
Tipe | Multi-rol straalvegter |
Vervaardiger | Komsomolsk-on-Amur Aircraft Production Association |
Ontwerp deur | Soechoi |
Nooiensvlug | 28 Junie 1988 |
Bekendstelling | Februarie 2014 |
Status | In diens |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag |
Vervaardig | 2007 tot tans |
Aantal gebou | 105 |
Ontwikkel van | Soechoi Su-27 |
Die Soechoi Su-35 is 'n Russiese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die Soechoi Su-27. Die Su-27 was toegerus met Canardvlerke in 1985 en was verder ontwikkel tot die Su-35. Die prototipe van die eerste ware Su-35 (aanvanklik die Su-27M genoem) het op 28 Junie 1988 sy nooiensvlug voltooi.
Die Su-35 verskil van die Su-27 in baie opsigte: die Su-35 het beweegbare canardvlerke, die motore is kragtiger en vlugkontrole vind plaas deur middel van digitale fly-by-wire vliegbeheertegnologie. Die risiko word verminder deur middel van oortolligheid, daar is vier verskillende roetes waarmee kommunikasie tussen die verskillende toerusting plaasvind in die vliegtuig. Dit verseker dat die vliegtuig langer in die lug kan bly tydens gevegte.
Die Phazaton radar het 'n reikvermoë van 100 km en kan 24 teikens gelyktydig beheer. Dit beskik ook oor oppervlak-volgeienskappe en kan die vliegtuig lei oor golwende oppervlakte. Daar is ook 'n radar in die stert van die vliegtuig. Dit kan ook invlug hervul word en daar is twee ekstra brandstoftenks agter in die stertvinne.
In die kajuit is daar drie skerms plus 'n heads-up display waarop vluginligting vertoon word.
Verdere ontwikkeling van die Su-35 het gelei na die Su-37. Dit was onder andere toegerus met stuwers wat die vliegtuig ongelooflik beweegbaar gemaak het. Dit het nooit in produksie gegaan nie en die prototipe is verwoes in 'n ongeluk in 2002.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Lyulka AL-31M turbowaaier |
Kraglewering per motor | 12 500 kg stukrag |
Vlerkspan | 14,7 m |
Lengte | 22,2m |
Hoogte | 6,36 m |
Vlerkoppervlakte | 46,5 m2 |
Maksimum opstygmassa | 34 000 kg |
Maksimum snelheid | 2 500 km/h |
Operasionele hoogte | 18 000 |
Togafstand | 4 000 km |
Klimvermoë | Onbekend |
Bewapening | Een 30 mm kanon en 14 hegpunte om 6000 kg se bomme en missiele te kan dra. |