SPAR, oorspronklik "DESPAR", gestileer as "DE SPAR"[1] (Nederlandse uitspraak: [də ˈspɑr]), is 'n Nederlandse multinasionale konsessiesaak wat handelsmerk, voorrade en ondersteuningsdienste verskaf vir voedselkleinhandelwinkels wat onafhanklik besit en bedryf word.[2] Dit is in 1932 in Nederland gestig,[3], deur Adriaan van Well, en bestaan teen 2022 uit 13 996 winkels[4] in 48 lande.[4]
Sy hoofkwartier is in Amsterdam. Die maatskappy bedryf 'n vennootskapsprogram en het 'n teenwoordigheid in die meeste Europese lande, sowel as in Asië, Afrika en Oseanië.
In die fiskale jaar 2022 het SPAR €43,5 miljard in wêreldwye verkope verdien, wat 'n 5,6% toename verteenwoordig het teenoor die vorige jaar.[4]
Die naam was oorspronklik DESPAR, 'n akroniem van die Nederlandse frase Door Eendrachtig Samenwerken Profiteren Allen Regelmatig ("Deur verenigde samewerking maak almal gelyke wins"), wat deur Van Well gebruik is om die handelsmerk te beskryf.[5] Die akroniem is gekies om aanklank te vind by die werkwoord sparen (verwant aan die Afrikaanse woord spaar), wat "spaar [geld]" beteken in Nederlands en sommige ander tale, waaronder Duits[6] en Skandinawiese tale (met variante soos spara of spaar) . Spar is ook Nederlands vir "sparreboom", waarvolgens die logo gekies is. Soos die organisasie oor Europa uitgebrei het, is die naam afgekort deur die DE-voorvoegsel te laat vaar.[5][7]
Daar is 'n paar internasionale naamvariante:
In Arabië word die Latynse letters SPAR langs die Arabiese سبار (sbār) vertoon. سبار (sbār).[13][14][15]
Spar is vir die eerste keer in Suid-Afrika in 1963 geopen.[20]
In 1988 het SPAR Suid-Afrika 'n volfiliaal van Tiger Brands geword, 'n beheermaatskappy met 'n groot gediversifiseerde portefeulje. Dit is in 2004 ontbondel en as 'n aparte maatskappy genoteer.[21]