Spetaea lachenaliiflora | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. lachenaliiflora
|
Binomiale naam | |
Spetaea lachenaliiflora Wetschnig & Pfosser, (2003)
|
Spetaea lachenaliiflora is 'n meerjarige plant en geofiet wat hoort tot Asparagaceae en is die eerste keer in 2003 beskryf; tot dan was dit beskou as deel van Scilla plumbea. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in Du Toitskloof en Bainskloof voor. Dit is die enigste spesie in die genus en is dus 'n monotipiese takson. Die plant blom van Desember tot Januarie.