Spike Lee | |
![]() | |
Lee in 2009 by die Tribeca-rolprentfees.
| |
Geboortenaam | Shelton Jackson Lee |
---|---|
Geboorte | 20 Maart 1957 Atlanta, Georgië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Vervaardiger, professor, draaiboekskrywer, rolprentregisseur |
Aktiewe jare | 1977-tans |
Shelton Jackson "Spike" Lee (gebore op 20 Maart 1957) is ’n Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer, akteur en professor. Sy produksiemaatskappy, 40 Acres and a Mule Filmworks, het meer as 35 rolprente vervaardig sedert 1983. Hy het sy regisseursdebuut gemaak met She's Gotta Have It (1986). Lee het self al in tien van sy rolprente opgetree.
Prente sedert 1986 sluit in Do the Right Thing (1989), Malcolm X (1992), The Original Kings of Comedy (2000), 25th Hour (2002), Inside Man (2006) en Chi-Raq (2015). Hy het in 10 van sy eie flieks gespeel.
Sy flieks ondersoek rasseverhoudings, kleuronderskeid in die swart gemeenskap, die rol van die media in die moderne lewe, stedelike misdaad en armoede, en ander politieke kwessies. Hy is twee keer vir ’n Oscar benoem en het ’n studente- en ere-Oscar gewen, asook talle ander pryse soos ’n Emmy, Gish-prys en ere-César.[1][2][3][4]