Die Sporades of Noord-Sporades (Grieks: Βόρειες Σποράδες, vories spoˈraðes; Latyn: Vóries Sporádhes) is 'n argipel aan die ooskus van Griekeland, noordoos van die eiland Euboea,[1] in die Egeïese See. Die argipel bestaan uit 24 eilande, waarvan vier permanent bewoon word: Alonnisos, Skiathos, Skopelos en Skyros.[1]
"Sporades" beteken "verstrooide" (vergelyk met die woord "sporadies"). Van die Klassieke Oudheid af verwys die naam na die Egeïese eilande buite die sentrale argipel, die Kuklades.
Wes-Sporades (Δυτικές Σποράδες): Salamis, Aigina, Poros, Hydra, Spetses en ander
Oos-Sporades (Ανατολικές Σποράδες): die eilande van die Oos- en Noordoos-Egeïese See, naby die kus van Klein-Asië: Samos, Ikaria, Lesbos, Chios, Tenedos, Psara, Oinousses en ander kleiner eilandgroepe