Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sportfreunde Stiller | |
---|---|
Sportfreunde Stiller | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Germering, München (Duitsland) |
Jare aktief | 1996 — hede |
Webwerf | sportfreunde-stiller.de |
Lede | Peter Brugger Florian Weber Rüdiger Linhof |
Gewese lede | Andi Erhard |
Sportfreunde Stiller (uitspraak: [ˌʃpɔʁtfʀɔɪ̯ndə ˈʃtɪlɐ]) is 'n musiekgroep vanuit Germering by München in Beiere (Duitsland). Die groep het in 1996 onder die naam Stiller tot stand gekom met die stigterslede Peter Brugger op kitaar en sang, Florian Weber op tromme en sang, en Andi Erhard op baskitaar. Die groep is vernoem na Hans Stiller, 'n afrigter by die streeksligavoetbalklub SV Germering, waarin Brugger en Weber voorheen vir 'n lang ruk gespeel het. Brugger het voorheen ook as tromspeler en sanger in die groep Projekt Paul gespeel, tesame met Florian Zwietnig (tans by die musiekduo Mediengruppe Telekommander) en Oliver Pade (tans by die groep Faun).[1]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sportfreunde Stiller. |