Sredinni-reeks | |
---|---|
Ligging | Kamtsjatka-krai, Rusland |
Hoogte | Itsjinski: 3 620 meter bo seevlak |
Koördinate | 55°40′48″N 157°43′48″O / 55.68000°N 157.73000°O |
Die Sredinni-bergreeks (Russies: Срединный хребет, Sredinni chrebjet, "Middelreeks") is 'n bergreeks op die Kamtsjatka-skiereiland in Rusland. Dit strek van noordoos tot suidwes in die middel van die skiereiland en bestaan uit vulkane, veral skild- en stratovulkane. Die hoogste piek is Itsjinski, 'n stratovulkaan van 3 607 m hoog.[1] Die Sredinni-reeks word in die ooste, by die Sentrale Kamtsjatka-laagte, geskei van die Oostelike Reeks (Восточный хребет, Wostotsjni chrebjet) wat van noord tot suid aan die kus loop.[2]
Die berge word tans bedek met klein berggletsers, wat bydra tot Kamtsjatka se beskrywing as die streek in Noordoos-Asië met die meeste gletsers. Gletsers bedek 'n gebied van rofweg 592 km2.[3]