Statige spinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. altiscapa
|
Binomiale naam | |
Serruria altiscapa Rourke, (1994)
|
Die statige spinnekopbos (Serruria altiscapa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies] aan die Wes-Kaap en kom by Blokkop in Villiersdorp tot by die Hottentots-Hollandberge voor. Die struik groei regop en word 30 cm hoog en blom van Junie tot Oktober met die hoogtepunt in Augustus.
Die plant groei op hoogtes van 700 - 1 100 m en kom saam met Serruria elongata voor.
In Engels staan dit as die Stately Spiderhead bekend.