Steekkweek

Steekkweek[1]
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Genus: Stipagrostis
Spesie:
S. namaquensis
Binomiale naam
Stipagrostis namaquensis
(Nees) De Winter
Sinonieme
  • Aristida namaquensis (Nees) Trin. & Rupr.
  • Arthratherum namaquense Nees[2]

Steekkweek (Stipagrostis namaquensis ) ook bekend as Kalaharikweek, steekrietboesmangras, steekwiet, of bamboeskweek, is 'n grasspesie wat inheems aan Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[3]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Dit is 'n meerjarige losse polgras met verlengde wortelstokke. Die skedes is behaard en die halms is geknie of liggend en 10 -20 cm lank. Die blaarskedes is kaal of behaard en die blare regop 6 -10 cm lank en 1 – 2 mm breed. Die bloeiwyse is 'n pluim wat oop is of lansvormig saamgetrek. Dit kan 10-15 cm lank word. Die stekeltjies is 10 – 15 mm lank.[1]

Beweiding

[wysig | wysig bron]

Dit het goeie beweidingswaarde

EIW SWIW LnregWIW
Weidingsindekswaarde[4] 7 3.8 2.89

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Kyffhäuser" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019.
  2. "Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019.
  3. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020.
  4. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.