Stellan Skarsgård | |
---|---|
Gebore | Stellan John Skarsgård 13 Junie 1951 |
Beroep | Akteur |
Eggenoot | My Agnes 1975 - 2007 Megan Everett vanaf 2009 |
Kinders | 8, insluitend Alexander, Gustaf, Bill en Valter |
Stellan John Skarsgård is 'n Sweedse akteur. Hy is bekend vir sy rol as Jan Nyman in Breaking the Waves (1996), Kaptein Tupolev in The Hunt for Red October (1990), Prof. Gerald Lambeau in Good Will Hunting (1997), Bootstrap Bill Turner in Pirates of the Caribbean: Dead Man's Chest (2006) en Pirates of the Caribbean: At World's End(2007), Bill Anderson in Mamma Mia! (2008), Bevelvoerder Maximilian Richter in Angels and Demons (2009), Martin Vanger in The Girl With the Dragon Tattoo (2011), Dr Erik Selvig in die Marvel Film Heelal films Thor (2011), The Avengers (2012), Thor: The Dark World (2013), en Avengers: Age of Ultron (2015) en The Grand Duke in Cinderella (2015).
Skarsgård is gebore in Göteborg, Swede, die seun van Gudrun (née Larsson) en Jan Skarsgård.[1][2] Die gesin het dikwels verhuis, en het onder andere in Helsingborg, Totebo, Kalmar, Marielund en Uppsala gewoon.[3]