| |||||
Volle naam | Joseph Stephanus Theuns Lewies | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 27 Januarie 1992 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 2,01 m | ||||
Massa | 114 kg | ||||
Skool | Hoërskool Eldoraigne | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Slot | ||||
Huidige span | Sharks | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot | ||||
Springbokno. | 860 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2014 | Natalse Haaie | 7 | (0) | ||
korrek soos op 26 Julie 2014. | |||||
Verteenwoordigend | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012–2014 | Sharks | 17 | (0) | ||
korrek soos op 26 Julie 2014. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2014- | ![]() |
1 | (0) | ||
korrek soos op 29 Junie 2014. |
Stephan Lewies (gebore in Pretoria, 27 Januarie 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Sharks as slot speel in die Curriebeker en die Superrugbyreeks.
Hy het altesaam 33 wedstryde vir die Sharks o.19 span in 2011 en vir die Sharks o.21s in 2012 en 2013 gespeel.
Hy was ingesluit in die Sharks XV Vodacombeker-span in 2012 en maak 'n laat plaasvervangerverskyning in hul wedstryd teen die Boland-Kavaliers in Malmesbury.[1] Nog 'n plaasvervangerverskyning volg, hierdie keer in 'n tuiswedstryd teen die Vrystaat om die Vodacombeker.[2]
Hy maak sy Curriebekerbuiging gedurende die 2013-seisoen, toe hy in die wedstryd teen die Goue Leeus in die beginvyftiental opgedraf het.[3] Hy bly in die span vir die res van die seisoen, begin in twee wedstryde en kom driekeer op as 'n plaasvervanger, insluitend in die Curriebeker-eindstryd, waar hy bygedra het tot die Natalse Haaie se oorwinning oor die Westelike Provinsie met 33-19.[4]
Lewies was ook ingesluit in die Sharksspan vir die 2014 Superrugby-seisoen [5] en het sy debuut gemaak in 'n 31-16 oorwinning teen die Bulls in Durban.[6][7]
Toe Bakkies Botha nie beskikbaar is nie en Flip van der Merwe beseer is, het die Springbokafrigter Heyneke Meyer Lewies gekies vir die tuistoets teen Skotland. Lewies het sy toetsbuiging op 28 Junie 2014 gemaak deur afloskaptein Victor Matfield te vervang, tydens die 55-6 oorwinning oor Skotland in die Baai.