Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Stephen Amell | |
Amell by WonderCon 2013
| |
Geboortenaam | Stephen Amell |
---|
Stephen Amell (gebore 8 Mei 1981) is 'n Kanadese akteur wat die rol van Oliver Queen in die TV-reeks The Arrow vertolk.
Amell is gebore in Toronto, Ontario. Hy is die neef van die akteur Robbie Amell.[1]
Hy is op 25 Desember 2012 getroud met die aktrise en model, Cassandra Jean op die Karibiese Eilande;[2] en is weer, vir 'n tweede keer, getroud op 26 Mei 2013 in New Orleans.[3] Die paartjie het 'n dogter, Mavi Alexandra, wat in Oktober 2013 gebore is.[4]
Amell het gedurende 2004 in drie episodes van die vierde seisoen van Queer as Folk verskyn. Amell het ook die rol van Adam vertolk in die eerste seisoen van die TV-reeks Dante's Cove; hy is in die tweede seisoen met Jon Fleming vervang.
In 2007 het Amell 'n Gemini-prys ontvang vir sy rol in ReGenesis.[5] Hy is dieselfde jaar benoem vir 'n Gemini-toekenning in die kategorie Best Ensemble Cast vir Rent a Goalie.[6]
Hy het herhalende rolle gehad in die TV-reekse Da Kink in My Hair en Heartland.
Op 3 Desember 2010 het Amell aangesluit by die span van The Vampire Diaries as die weerwolf 'Brady' vir die tweede seisoen.[7]
Amell het ook verskyn as Joran van der Sloot in die film, Justice for Natalee Holloway wat oorspronklik in Mei 2011 die lig gesien het.[8]
In Oktober 2011 het seisoen 3 van HBO se reeks Hung vertoon met Amell in die rol van Jason, 'n prostituut.[5] Hy het ook verskyn as Jim in die vierde reeks van 90210.[9]
Amell het op 28 Oktober 2011 afgekondig dat die Kersfees-episode van New Girl met Zooey Deschanel en Max Greenfield klaar verfilm is. Hy verwys na sy ondervinding met die vertolking van die rol in 'n onderhoud met Daemon's TV.[9] Op 9 November 2011 is aangekondig dat Amell die rol van Scottie sal vertolk, 'n paramedikus op American Broadcasting Company (ABC) se mediese drama Private Practice.[10]
In Januarie 2012 het Amell 'n rol in die CW-reeks Arrow losgeslaan, vir die vertolking van die strokiesprentkarakter Green Arrow.[8] In Junie 2012 het Amell die rol van Wynn Delaney in Believe Pictures se weergawe van Janette Oke se reeks When Calls the Heart vertolk, wat op 19 Oktober 2013 op die Hallmark-kanaal verskyn het.[11][12]
Jaar | Titel | Rol |
---|---|---|
2006 | The House Next Door | Buddy Harrelson |
2007 | The Tracey Fragments | Speurder |
2007 | Closing the Ring | Teddy Gordon |
2009 | Screamers: The Hunting | Guy |
2010 | The Cutting Edge : Fire & Ice | Philip Seaverm |
2011 | Justice for Natalee Holloway | Joran van der Sloot |
2011 | Stay with Me | Travis |
2013 | When Calls the Heart | Wynn Delaney |
Jaar | Titel | Rol | Episode |
---|---|---|---|
2004 | Queer as Folk | Instrukteur | 2 episodes |
2004 | Degrassi: The Next Generation | Portier | Episode: "Ghost in the Machine: Deel 2" |
2005 | Missing | Ian Harrington | Episode: "Paper Anniversary" |
2005 | Tilt | 'Bellboy' | Episode: "Rivered" |
2005 | Beautiful People | Jason | 5 episodes |
2005 | Dante's Cove | Adam | 2 episodes |
2006–2008 | Rent-a-Goalie | Billy | 18 episodes |
2007 | ReGenesis | Craig Riddlemeyer | 2 episodes |
2007–2012 | Heartland | Nick Harwell | 6 episodes |
2007–2009 | Da Kink in My Hair | Matthew | 4 episodes |
2009 | Flashpoint | Peter Henderson | Episode: "Exit Wounds" |
2010 | Blue Mountain State | Travis | 2 episodes |
2010 | CSI: Miami | Peter Truitt | Episode: "Sleepless in Miami" |
2010 | NCIS: Los Angeles | Marine Gunnery Sergeant Andrew Weaver | Episode: "Bounty" |
2011 | The Vampire Diaries | Brady | 2 episodes |
2011 | CSI: Crime Scene Investigation | A.J. Gust | Episode: "73 Seconds" |
2011 | Hung | Jason | 10 episodes |
2011 | 90210 | Jim | 2 episodes |
2011–2012 | New Girl | Kyle | 2 episodes |
2012 | Private Practice | Scott Becker | 7 episodes |
2012–2020 | Arrow | Green Arrow / Oliver Queen / The Arrow | Hoofkarakter |
2014–present | The Flash | Episode: "Pilot" |
Jaar | Titel | Rol |
---|---|---|
2013 | Injustice: Gods Among Us | Stem van die Green Arrow[13] |
Jaar | Toekenning | Kategorie | Werk | Resultaat |
---|---|---|---|---|
2007 | 2007 Gemini Toekennings | Beste Akteur in 'n gas rol – Dramtiese Reeks | ReGenesis | Wen |
2007 | 2007 Gemini Toekennings | Beste Vertolking in a Komediereeks of Program | Rent-a-Goalie | Nominasie |
2008 | 2008 Gemini Toekennings | Beste Vertolking in a Komediereeks of Program | Rent-a-Goalie | Nominasie |
2012 | IGN Toekennings | Beste TV Held | Arrow | Nominasie |
2013 | NewNowNext Toekennings | 'Cause You're Hot' | Arrow | Nominasie |
2013 | 2013 Teen Choice Toeknnings | Beste TV Akteur – Fantasie / Sci-Fi | Arrow | Nominasie |
2013 | 2013 Teen Choice Toekennings | Best Nuweling | Arrow | Nominasie |
2014 | IGN Toekennings | Beste TV Held | Arrow | Nominasie – 2de plek |
2014 | 40ste People's Choice Toekennings | Gunsteling Sci-Fi/Fantasie TV Akteur | Arrow | Nominasie |
2014 | Leo Toekennings | Beste manlike hoofkarakter in 'n dramatiese reeks | Arrow | Nominasie |
2014 | Constellation Toekennings | Beste Manlike Prestasie in 'n 2013 Sci-Fi TV Episode | Arrow | Nominasie |
2014 | Young Hollywood Toekennings | Super Superhero | Arrow | Nominasie |