Steven Anthony Ballmer (24 Maart 1956)[1] is 'n Amerikaanse sakeman en belegger wat as die hoof- uitvoerende beampte van Microsoft gedien het vanaf 2000 tot 2014.[1] In November 2021 skat Bloomberg Billionaires Index sy persoonlike rykdom op VS$121 miljard.[2]
Ballmer is in 1980 deur Bill Gates by Microsoft aangestel, en het daarna sy klasgee in die MBA-program by Stanford Universiteit gestaak. Hy het uiteindelik president geword in 1998, en Gates as HUB vervang op 13 Januarie 2000.[3] Op 4 Februarie 2014 het Ballmer afgetree as HUB en is vervang deur Satya Nadella; Ballmer het op Microsoft se direksie bly dien tot 19 Augustus 2014, toe hy vertrek het om voor te berei vir die onderrig van 'n nuwe MBA-klas.[4][5]
Sy ampstermyn en nalatenskap as Microsoft se uitvoerende hoof het gemengde ontvangs gekry, met die maatskappy wat verkope verdriedubbel en winste verdubbel het, maar sy markoorheersing verloor en 21ste-eeuse tegnologieneigings soos die opkoms van slimfone in die vorm van iPhone en Android misgeloop het.[6][7]