Stop die Waens (Russies: Останови вагоны, geromaniseer: Ostanovi vagony) is 'n Russiese anti-oorlog beweging wat betrokke was by die sabotasie van Russiese spoorweë op verskeie maniere om die vervoer van toerusting, brandstof, ammunisie en ander voorrade na die oorlog in die Oekraïne te verhoed.[1][2][3]
Die beweging se webwerf bevat gedetailleerde instruksies oor die sabotering van Russiese toevoerlyne en spoorweë.[4][5] Op 8 Mei 2022 is die Telegram-kanaal van die beweging geblokkeer. Volgens hul eie verklarings is hulle geblokkeer "na die publikasie van 'n kaart van spoorwegweerstand, wat meer as 30% van die grondgebied van Rusland gedek het."[6][7]
Die beweging het verantwoordelikheid aanvaar vir 'n voorval in die Amoer-oblast op die Trans-Siberiese Spoorweg op 29 Junie 2022,[8][9][10]vir die ontsporing van 'n wa in Tver op 5 Julie,[11] vir die ontspoor van verskeie waens in Krasnoyarsk op 13 Julie, [12] vir goederetreine in stasie Lesosibirsk vanaf Krasnojarsk-krai,[13] in Makhachkala gedurende die nag van 23–24 Julie[14] (plaaslike owerhede, oorweeg ook sabotasie as hoof rede[15]), en op October Railway se Babaevo-stasie op 12 Augustus.[16]
Op 19 Julie 2022 is die webwerf van die beweging deur Roskomnadzor in Rusland geblokkeer op versoek van die aanklaer-generaal se kantoor.[17][18]