Die verskuiwing het ’n kuslyn van sowat 290 km lank geraak en ’n totale volume van 3 500 km3 puin geskep.[1] Dit is gelyk aan die volume van ’n gebied so groot soos Ysland wat 34 m diep begrawe word.
Volgens die radiokoolstofdatering van plantmateriaal wat verkry is uit afsaksels wat deur die tsoenami veroorsaak is, was die laaste voorval omstreeks 6225–6170 v.C.[2][3] In Skotland is oorblyfsels gevind tot 80 km die binneland in en 4 m bo die huidige normale getyvlakke.
Teen die tyd van die aardverskuiwing, of net daarvoor, het ’n landbrug wat geoloë en argeoloë Doggersland noem, bestaan. Dit het Brittanje, Denemarke en Nederland verbind oor wat nou die suidelike Noordsee is. Die gebied het vermoedelik uit ’n kuslyn van lagunes, brak vleie, moddervlaktes en strande bestaan wat ’n vrugbare terrein vir jag en hengel was vir die mense van die Middel-Steentydperk.[4][5][6]
Hoewel Doggersland fisies weens ’n geleidelike toename in seevlakke onder die water verdwyn het, is voorgestel dat kusgebiede van beide Brittanje en die Europese vasteland, wat dele insluit wat nou onder die water is, oorstroom sou gewees het deur ’n tsoenami wat deur die Storegga-aardverskuiwing veroorsaak is. Dis sou ’n katastrofale impak op die beskawings in hierdie gebiede gehad het, en mense van Brittanje afgesny het van dié op die vasteland.[7][8][9]
↑Hill, Jon; Collins, Gareth S.; Avdis, Alexandros; Kramer, Stephan C.; Piggott, Matthew D. (2014). "How does multiscale modelling and inclusion of realistic palaeobathymetry affect numerical simulation of the Storegga Slide tsunami?". Ocean Modelling. 83: 11–25. doi:10.1016/j.ocemod.2014.08.007. ISSN1463-5003.