Submersed | |
---|---|
Oorsprong | Stephenville, TX, VSA |
Genres | Post-grunge, Alternatiewe rock |
Jare aktief | 2000-2008 |
Etikette | Wind-Up |
Assosiasies | Alter Bridge |
Gewese lede | Donald Carpenter TJ Davis Kelan Luker Garrett Whitlock Eric Friedman |
Submersed (ook geset as SubmerseD) was ’n Amerikaanse rockgroep van Stephenville, Texas. Hulle het in 2008 ontbind.
Submersed het ’n platekontrak met Wind-up Records gehad en het met die kitaarspeler van Alter Bridge, Mark Tremonti gewerk aan hul debuut album, In Due Time waarop die enkelspelers “You Run”, “Hollow” en die titelsnit was. Na ’n kort breuk en die vertrek van hul kitaarspeler Eric Friedman het die groep voortgegaan met werk aan hul tweede album met Rick Beato as vervaardiger. Hulle tweede, en laaste album Immortal Verses is op 18 September 2007 vrygestel met twee enkelspelers: “Better Think Again” en “Price of Fame”.
Soos bekend gemaak in ’n weblog op Submersed se myspace-blad, het die groep gesê dat hulle ontbind het en dat hulle binnekort deur Wind Up Records vrygestel sou word. In die webloginskrywing wat deur die groep se sanger, Donald Carpenter, geskryf is, het hy die ontbinding verduidelik:
Ek weet dat julle almal wonder wat met Submersed gebeur het. Wel, die antwoord is… Baie. Hierdie bedryf en die stryd om suksesvol te wees het sy tol geëis op al die lede… Twee weke voor “Price of Fame” vrygestel sou word het TJ, Kelan en Justin besluit om aan te beweeg met hul lewens en SubmerseD verlaat. Ek en Garrett het geglo in “Price of Fame” en het gekies om deur te druk en sien wat gebeur. Wel, niks het gebeur nie… die enkelspeler het nooit ’n kans gehad nie… verbysterend… Die feit is dat die meerderheid van ons ondersteuners vermis word as gevolg van kopiëring, wat dit onmoontlik maak vir die platemaatskappye om te verstaan hoeveel ondersteuners ons daar buite het… Dit bring mee dat SubmerseD nie meer ’n plek op Windup se diensrooster het nie en dat ons binnekort vrygestel gaan word… Ek het probeer wag totdat dinge meer amptelik was voordat ’n aankondiging gemaak sou word, maar julle is slim en ek het gedink julle verdien ’n verduideliking, nou eerder as later.
Op 24 November 2008 ’n weblog op jul MySpace-blad geplaas wat slegs gelees het “SUBMERSED GAAN TERUGKOM!” met geen ander besonderhede nie.
Na die ontbinding van Submersed het Donald Carpenter aangesluit by die groep Million Man Army en Nothing In Return met Lance Arny. Sedert die ontbinding van Million Man Army het Moye sy eie produksiemaatskappy genaams Mike Moye Productions begin terwyl Carpenter Nothing In Return na ’n kort rukkie verlaat het. Hy het sedertdien saamgespan in ’n nuwe groep genaamd Eye Empire saam met Corey Lowery en B.C. Kochmit, voormalige lede van Dark New Day.
Eric Friedman speel het daarna hoofkitaar vir die groep Daughters of Mara van Los Angeles gespeel. Nadat hulle ontbind het, het Friedman by Creed aangesluit as toerkitaarspeler gedurende hulle 2009- en 2010-toere.
Jaar | Titel | Kaartposisies | Album | |||
---|---|---|---|---|---|---|
VS Hot 100 | VS Moderne Rock | VS Hoofstroom Rock | VK | |||
2003 | “You Run” | - | - | - | - | In Due Time |
2004 | “Hollow” | - | - | 19 | - | |
2005 | “In Due Time” | - | - | 31 | - | |
2007 | “Better Think Again” | - | - | 36 | Immortal Verses | |
2008 | “Price of Fame” | - | - | - | - |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |