Suidelike Vis | ||||
Latynse naam | Piscis Austrinus | |||
Genitief | Piscis Austrini | |||
Afkorting | PsA | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h | |||
Deklinasie | -30º | |||
Grootte | 245 vk. grade (60ste) | |||
Kwadrant | SQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 7 | |||
Helderste ster | Alpha Piscis Austrini (Fomalhaut) | |||
Naaste ster | Lacaille 9352 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 21 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Steenbok, Mikroskoop, Kraanvoël, Beeldhouer, Waterdraer | ||||
|
Die Suidelike Vis (Latyn: Piscis Austrinus) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit word die Suidelike Vis genoem in kontras met die groter sterrebeeld die Visse, wat twee visse verteenwoordig. Sy enigste ster helderder as 4 mag is Fomalhaut.
Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is die vyfde grootste van die 88 moderne sterrebeelde. Die sterre van die konstellasie Kraanvoël het eers deel van die Suidelike Vis uitgemaak. In omstreeks 1597 het Petrus Plancius ’n aparte sterrebeeld geskep en dit die Kraanvoël genoem.
In die Griekse mitologie is die konstellasie bekend as die Groot Vis en sluk dit die water wat deur die Waterdraer uitgegooi word. Daar word geglo dat die twee visse van die Visse-sterrebeeld die nasate van die Groot Vis is.
In die Babiloniese sterrekunde was die konstellasie net bekend as die Vis.
Fomalhaut stel die mond van die Vis voor. Sy satelliet, Fomalhaut b, was die eerste planeet wat gevind is met ’n sigbare ligbeeld danksy die Hubble-ruimteteleskoop. Infrarooi-waarnemings het egter die bevinding verkeerd bewys en getoon dat dit eintlik ’n bolvormige stofwolk is.