Suigstokkie-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. immoderatum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron immoderatum Rourke, 2005
|
Die suigstokkie-tolbos (Leucadendron immoderatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit by Riviersonderend voorkom.
Die struik word 2 m hoog. Die populasie is krities bedreigd en min inligting is bekend oor die spesie. Die plant groei op noordelike hellings op hoogtes van 1 300 m.
In Engels staan dit as die Lollipop conebush bekend.