Sunette Viljoen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Sunette Viljoen in Zürich, 2010 | ||||||
Volle naam | Sunette Stella Viljoen | |||||
Gebore | 6 Oktober 1983 Rustenburg, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm mediumvinnig | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Enigste Toets (no 36) | 19 Maart 2002 v Indië | |||||
EDI debuut (no 26) | 20 Junie 2000 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 16 Maart 2002 v Indië | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | ||||
Wedstryde | 1 | 17 | ||||
Lopies aangeteken | 88 | 198 | ||||
Kolfgemiddeld | 44.00 | 16.50 | ||||
100s/50s | 0/1 | 0/1 | ||||
Hoogste telling | 71 | 54* | ||||
Aflewerings geboul | – | 228 | ||||
Paaltjies | – | 5 | ||||
Boulgemiddeld | – | 33.20 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | 0 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | n/a | ||||
Beste boulontleding | –/– | 3/27 | ||||
Vangskote/Stonkings | 0/– | 3/– | ||||
Bron: Cricinfo, 31 Mei 2020 |
Sunette Stella Viljoen (Rustenburg, 6 Oktober 1983) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat in spiesgooi spesialiseer. Sy het ook vanaf 2000 tot 2002 in internasionale krieket vir die Proteas se vrouespan gespeel. Sy verteenwoordig haar vaderland tydens die Olimpiese Speles van 2004 in Athene, 2008 in Beijing, 2012 in Londen en 2016 in Rio de Janeiro.
Viljoen het goud gewen by die 2009 Summer Universiade byeenkoms in Belgrado met 'n afstand van 62,52 meter in die spiesgooi vir vroue. Tydens die kwalifiseringsronde het sy 'n nuwe Afrikarekord van 65,46 meter opgestel, wat haar landgenoot Justine Robbeson se rekord van 63,49 m, wat in Februarie 2008 in Potchefstroom opgestel is, oorskry. Op 14 Junie 2010 verbeter Viljoen haar eie rekord deur 66,38 m by die Josef Odložil gedenkbyeenkoms in Praag te gooi.
Viljoen verower 'n silwermedalje tydens die IAAF Wêreldkampioenskappe in Daegu, Korea op 2 September 2011. Met 'n gooi van 68,38 m verbeter sy die Afrikarekord. Later verbeter sy weer die Afrikarekord na 69,35 m tydens die Adidas Grand Prix byeenkoms in New York in Junie 2012. Tydens die Olimpiese Spele 2012 behaal sy 'n vierde plek.
By die 2013 Wêreldatletiekkampioenskap in Moskou het Viljoen die sesde plek behaal met 'n afstand van 63,58 meter. In 2014 was sy tweede op die Statebondspele. Later in dieselfde jaar wen sy die Afrikakampioenskappe met 'n afstand van 65,32 m.
Tydens die Olimpiese Spele van 2016 in Rio wen sy die silwermedalje in die spiesgooi vir vroue.[1][2][3][4][5][6][7]
Item | Afstand | Datum | Plek |
---|---|---|---|
Spiesgooi | 69,35 m (AR) | 9 Junie 2012 | New York |
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)