Suurpruim | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Santalales |
Familie: | Olacaceae |
Genus: | Ximenia |
Spesie: | X. afra
|
Binomiale naam | |
Ximenia afra Sond., (1850)
| |
Sinonieme | |
|
Die suurpruim (Ximenia afra) is 'n klein boom of struik wat aan die familie Olacaceae behoort. Dit is inheems aan alle tropiese streke, in besonder aan gebiede van Suid-Oos-Afrika in Angola, Botswana, Burundi, Caprivistrook in Namibië, Comore-eilande, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Somalië, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.[1][2] In Engels staan dit as die "Sourplum" bekend, in Noord-Sotho is dit die "Morokologa" en in Zoeloe die "Umthunduluka-obomvu".
Die suurpruim dra jaarliks vrugte. Die vrugte is oor die algemeen suur met 'n droë nasmaak, maar bevat groot hoeveelhede kalium.[3] Die boom self is redelik gehard: dit is bestand teen ryp en ook droogtebestand.
Die boom, vrugte, saad, blare en wortels is al vir menslike verbruik aangewend, hoofsaaklik medisinaal of vir brandstof. Die bome kan ook vir verskansing en heinings aangewend word. Die boom se FSA-nommer is 103.[4][5]