Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Swartgordelakkedis | |
---|---|
'n Swartgordelakkedis op Tafelberg (met 'n duisendpoot in sy bek) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. niger
|
Binomiale naam | |
Cordylus niger Smith, 1844
|
Die Swartgordelakkedis (Cordylus niger) is 'n akkedis wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in skeure en klipbanke in kusfynbos en klipmure. Die akkedis word 12 – 14 cm lank. Die reptiel is klein en gitsswart. Die lyf is afgeplat en die kop is driehoekig en plat. Die rug is bedek met 'n ry gekielde skubbe en die stert is stekelrig. Die akkedis vreet kewers, sprinkane en insekte.