Swartwortelboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. gymnorrhiza
|
Binomiale naam | |
Bruguiera gymnorrhiza | |
Sinonieme | |
|
Die swartwortelboom (Bruguiera gymnorrhiza) is 'n wortelboom wat aan die seekant van wortelboommoerasse groei en met die Rooiwortelboom en Witseebasboom vermeng.
Die SANBI-rooilys gee dit as veilig (LC). Die boom kom in die ekostreek wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek voor, maar dit is nie endemies in Suid-Afrika nie.[1] In Afrika is dit inheems in Suid-Afrika, Comore-eilande, Djiboeti, Madagaskar, Mauritius, Mosambiek, Seychelle, Tanzanië, Kenia en Somalië.
Dit is ook inheems in Australië waar dit in Nieu-Suid-Wallis, Noordelike Gebied en Queensland voorkom.
Dit het 'n Paleotropiese verspreiding en kom vanaf Suid-Afrika en Kenia tot aan Japan, Fiji en Vanuatu voor.[2]