Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaweltrioksied |
Chemiese formule | SO3 |
Molêre massa | 80,07 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7446-11-0[1] |
Voorkoms | γ: kleurlose vloeistof α,β: wit vaste stowwe |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | α 62,2 °C[1] β 32.5 °C[1] γ 16.8 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | γ 1,92 @ 20 °C[1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Swaweltrioksied is 'n verbinding van swawel en suurstof met formule SO3.
Die word deur oksidasie van swaweldioksied met suurstof vervaardig, maar hierdie reaksie vereis 'n katalisator:[2]
Die katalisator kan fynverdeelde platinum wees, maar hierdie katalisator raak maklik deur arseen of 'n halogeen vergiftig. 'n Ander moontlikheid is natriumvanadaat wat van vanadiumpentoksied en natriumoksied voorberei kan word. Teen die reaksietemperatuur van 400 °C is hierdie stof 'n vloeistof. [2]
In die gasfase is swaweltrioksied 'n monomere molekule met 'n plat trigonale struktuur. By kamertemperatuur is die verbinding 'n wit vaste stof, waarvan drie allotrope bekend is:[2]
Die stof word gewoonlik as sy metastabiele vloeibare γ-vorm met 'n stabiliseerder soos 0,3% demetielsulfaat met 0,005% boorsuur verhandel om die polimerisasie na die vaste vorms te verhinder. Hierdie oorgang kan tot ontploffings lei.[1]
Swaweltrioksied reageer met water en vorm swawelsuur
Hierdie reaksie is egter so heftig dat dit ontplof. In die produksie van swawelsuur word daarom die trioksied eers in swawelsuur opgelos. Dit produseer piroswawelsuur H2S2O7:
Hierdie stof kan later met water verdun word en dit gee dubbel die hoeveelheid swawelsuur:
Swaweltroksied word in die organiese chemie opgelos in tetrachloormetaan gebruik om sulfonsure te vervaardig, bv.:[3]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite book}}
: Onbekende parameter |editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)