Sydney (Kingsford Smith) Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: SYD – ICAO: YSSY | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Sydney Airport Holdings | ||
Operateur | Sydney Airport Corporation | ||
Bedien | Sydney | ||
Ligging | Mascot, Nieu-Suid-Wallis, Australië | ||
Geopen | 9 Januarie 1920 | ||
Spil vir | |||
Fokuspunt vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 21 vt / 6 m | ||
Koördinate | 33°56′46″S 151°10′38″O / 33.94611°S 151.17722°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
07/25 | 2 530 | 8 301 | Teer |
16L/34R | 2 438 | 7 999 | Teer |
16R/34L | 3 962 | 12 999 | Teer |
Statistieke (2018) | |||
Passasiers | 44 443 927[1] | ||
Lugbewegings (2013–2014) | 327 190[2] | ||
Lugvrag (metrieke ton) (2012) | 444 419[3] | ||
Ekonomiese & sosiale impak (2012) | $13.2 miljard & 146 duisend[4] | ||
Bron: AIP |
Sydney Kingsford Smith-lughawe (in die omgangstaal Mascot-lughawe of Sydney-lughawe) (IATA: SYD, ICAO: YSSY) is 'n internasionale lughawe in Sydney, Australië, geleë 8 km (5 myl) suid van die sentrale sakekern van Sydney, in die voorstad Mascot. Die lughawe word deur Sydney Airport Holdings besit. Dit is die primêre lughawe wat Sydney bedien, en is 'n primêre spilpunt vir Qantas, sowel as 'n sekondêre spilpunt vir Virgin Australia en Jetstar, sowel as 'n fokusstad vir Air New Zealand. Die lughawe is langs Botanybaai geleë en het drie aanloopbane.
Sydney-lughawe is een van die wêreld se kommersiële lughawens wat reeds die langste deurlopend bedryf word[5] en is die besigste lughawe in Australië, met 42,6 miljoen passasiers[6] en 348 904 vliegtuigbewegings in 2016–17.[7] Dit was in 2016 die 38ste besigste lughawe ter wêreld. Tans word 46 binnelandse en 43 internasionale bestemmings direk na Sydney bedien.
In 2018 is die lughawe in die top vyf wêreldwyd gegradeer vir lughawens wat jaarliks 40–50 miljoen passasiers hanteer en is as die 20ste beste lughawe ter wêreld aangewys by die "Skytrax World Airport"-toekennings.[8]
Teen die 1960's het die behoefte aan 'n nuwe internasionale terminaal duidelik geword, en werk het laat in 1966 begin.[9]
Die nuwe terminaal is op 3 Mei 1970 amptelik deur koningin Elizabeth II geopen. Die eerste Boeing 747 "Jumbo Jet" by die lughawe, Pan Am se Clipper Flying Cloud (N734PA), het op 4 Oktober 1970 aangekom. Die oos-wes aanloopbaan was toe 2 500 m lank; [10] in die 1970's is die noord-suid-aanloopbaan uitgebrei om een van die langste aanloopbane in die Suidelike Halfrond te word.
Die internasionale terminaal is in 1992 uitgebrei en het sedertdien verskeie opknappings ondergaan, insluitend 'n groot een vroeg in 2000, net betyds vir die Olimpiese Somerspele 2000 wat in Sydney gehou is. Die lughawe het nog 'n projekontwikkeling ondergaan wat in 2010 begin het om die transito-sone uit te brei wat nuwe belastingvrye fasiliteite, winkels en ontspanningsareas vir passasiers gebring het.
Die beperking van slegs twee aanloopbane wat mekaar kruis, het duidelik geword en die regering het dekades lank met Sydney se lughawekapasiteit geworstel. Uiteindelik is die omstrede besluit geneem om 'n derde aanloopbaan te bou. Die derde aanloopbaan was parallel met die bestaande aanloopbaan 16/34, geheel en al op herwonne grond in Botanybaai. ’n Beoogde nuwe lughawe aan die buitewyke van Sydney is in 2004 geskrap, voordat dit in 2009–2012 herondersoek is na aanleiding van berigte dat die Kingsford Smith-lughawe nie meer teen 2030 sal kan byhou nie.
Die "derde aanloopbaan", wat deur die Statebond-regering begin ontwikkel is in 1989 en in 1994 voltooi is, het omstrede gebly as gevolg van verhoogde vliegtuigbewegings, veral oor die binneste voorstede. In 1995 is die " No Aircraft Noise" (Geen Vliegtuiggeraas)-party gestig om in die verkiesing van 1995 in Nieu-Suid-Wallis mee te ding. Die party het nie 'n setel in die parlement gewen nie, maar het naby gekom daaraan in Marrickville.[11]
In 1995 het die Australiese parlement die Sydney Airport Curfew Act 1995 goedgekeur, wat die werksure van die lughawe beperk. Dit is gedoen in 'n poging om lughawegeraas oor woongebiede te verminder en daardeur klagtes hok te slaan. Die aandklokreël verhoed dat vliegtuie tussen die ure van 11 nm en 6 vm opstyg of land. 'n Beperkte aantal geskeduleerde en goedgekeurde opstygings en landings word onderskeidelik toegelaat in die "skouerperiodes" van 11 nm tot middernag en 5 is tot 6 vm. Die Wet stop nie alle vliegtuigbewegings oornag nie, maar beperk geraas deur die tipe vliegtuie wat mag vlieg, die aanloopbane wat hulle kan gebruik en die aantal vlugte wat toegelaat word, te beperk. [12] Tydens gure weer word vlugte gereeld vertraag en dit is dikwels die geval dat mense op laat vlugte nie op 'n gegewe dag kan reis nie. Sedert 2009 is boetes vir die oortreding van die aandklokreël teen vier lugdienste gehef, met 'n maksimumboete van A$550 000 van toepassing. [13] Benewens die aandklokreël, het Sydney-lughawe ook 'n limiet van 80 vliegtuigbewegings per uur wat nie oorskry mag word nie, wat lei tot verhoogde vertragings gedurende spitstye.[14]
Sydney-lughawe het drie passasiersterminale. Die internasionale terminaal word van die ander twee geskei deur 'n aanloopbaan; daarom moet aansluitende passasiers vir langer oordragtye voorsiening maak.
Sydney-lughawe het meer as 27,5 miljoen binnelandse passasiers in die jaar eindigend 30 Junie 2019 hanteer.[15]
Rang | Lughawe | Passasiers hanteer | % verandering |
---|---|---|---|
1 | Melbourne | 9,196,196 | 0.5 |
2 | Brisbane | 4,814,327 | 0.6 |
3 | Goudkus | 2,692,036 | 2.2 |
4 | Adelaide | 1,877,296 | 1.6 |
5 | Perth | 1,690,364 | 1.7 |
6 | Cairns | 1,103,224 | 2.7 |
7 | Canberra | 927,291 | 2.6 |
8 | Hobart | 712,602 | 3.8 |
9 | Sonskynkus | 644,570 | 5.2 |
10 | Ballina | 432,585 | 1.8 |
11 | Coffs Harbour | 331,522 | 4.3 |
12 | Darwin | 310,274 | 2.5 |
13 | Launceston | 289,614 | 2.2 |
14 | Albury | 228,654 | 3.1 |
15 | Hamilton-eiland | 202,514 | 1.3 |
Sydney-lughawe het meer as 12,9 miljoen oorsese passasiers in die jaar eindigend 30 Junie 2019 hanteer.[16]
Rang | Lughawe | Passasiers | % verandering |
---|---|---|---|
1 | Auckland | 6,581,489 | 2.2 |
2 | Singapoer | 3,510,858 | 0.6 |
3 | Hongkong | 2,231,958 | 14.4 |
4 | Los Angeles | 1,903,744 | 4.0 |
5 | Doebai | 908,376 | 1.0 |
6 | Kuala Lumpur | 631,828 | 9.2 |
7 | Denpasar | 613,198 | 10.4 |
8 | Bangkok | 551,329 | 12.8 |
9 | Aboe Dhabi | 525,692 | 3.0 |
10 | Nadi, Fidji | 495,208 | 2.4 |
11 | Doha | 491,881 | 31.5 |
12 | Tokio | 489,669 | 1.1 |
13 | Christchurch | 486,721 | 2.2 |
14 | Shanghai-Pudong | 464,296 | 1.1 |
15 | Honolulu | 448,118 | 2.8 |
Nota
Tokio sluit beide Haneda en Narita-lughawens in.
Sydney-lughawe het in 2019 521 014 ton internasionale lugvrag en 23 260 ton se internasionale lugpos hanteer.[6]
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)