Sydney-opera* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die wêreldbekende Sydney-operahuis. | |
Ligging van die Sydney-operahuis in Australië | |
Koördinate: 33°51′31″S 151°12′50″O / 33.85861°S 151.21389°O | |
Lande | Australië |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i |
Verwysings | 166 |
Streek† | Oseanië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2007 (31ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Sydney-opera (Engels: Sydney Opera House) is 'n sentrum vir die uitvoerende kunste te Bennelong-punt in Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië. Die gebou is ontwerp deur die Deense argitek Jørn Utzon wat in 2003 die Pritzker-prys vir argitektuur ontvang het.[1]
Die Operahuis is op 28 Junie 2007 tot 'n Wêrelderfenisgebied verklaar.[2] Dit is een van die wêreld se mees kenmerkende geboue en een van die bekendste sentrums vir die uitvoerende kunste ter wêreld.
Die Sydney Operahuis is op Bennelong-punt geleë in Sydney-hawe, naby aan die Sydneyhawebrug. Dit is aan die noordoostelike punt van Sydney se middestad geleë en word aan drie kante omring deur die hawe en word ook begrens deur die Koninklike Botaniese Tuine.
Die gebou huisves verskeie aparte sale. Die twee hoofsale is die Operateater en die Konsertsaal. Die Sydney Operahuis is 'n belangrike optreeplek vir verskeie ballet-, opera- en teatergroepe asook verskeie reisende groepe uit 'n verskeidenheid genres en is 'n groot trekpleister vir toerisme. Dit word bestuur deur die Sydney Opera House Trust, wat val onder die ministerie vir kuns van Nieu-Suid-Wallis.
Die Sydney Operahuis is 'n ekspressionistiese moderne ontwerp met 'n reeks groot voorafgegote betondopstrukture,[3] wat elkeen ontwikkel is uit 'n hemisfeer met dieselfde radius wat die dak van die gebou vorm bo-op 'n podium. Die gebou beslaan sowat 1,8 hektaar en is 183 meter lank en 120 meter breed op sy breedste punt. Dit word ondersteun op 588 betonpilare wat 25 meter onder seevlak begrawe is. Die kragverbruik van die gebou is gelykstaande aan 'n dorp met 25 000 mense met 645 kilometer se elektriese kabel daarin.
Die dopstrukture van die Operahuis is bedek met 'n subtiele chevron-patroon wat uitgelê is met 1 056 006 glanswit en mat roomkleurige Sweedsvervaardigde teëls,[4] alhoewel die dakstrukture op 'n afstand helderwit voorkom.
Die konsertsaal is binne die westerse groep doppe geleë en die opera teater binne die oosterse groep doppe. Die skaal van die doppe is gekies om die vereiste hoogtes aan die binnekant te weerspieël en styg vanaf die lae ingangsportale oor die sitplekke en tot op die hoë verhoogareas aan die westekant. Die kleiner sale is onder die konsertsaal geleë as deel van die westelike groep strukture. 'n Baie kleiner groep dopstrukture naby die trappe huisves die Bennelong Restourant. Die dopstrukture van die Operahuis is vervaardig uit voorafgegote betonpanele wat ondersteun word deur voorafgegote betonribbe.[5]
Die Operahuis bevat die volgende sale:
Die gebou huisves ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sydney Operahuis. |