Syhaartolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. pubescens
|
Binomiale naam | |
Leucadendron pubescens R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
Die syhaartolbos (Leucadendron pubescens) is 'n blomdraende struik wat aan die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp, Gifberg, Sederberg, Piketberg, Olifantsrivier, Sandveld, Koue Bokkeveld, Hexrivierberge, Bonteberg asook die Kwadouwberg, Witteberg en Touwsberg.
Die struik word 2,5 m hoog en blom van Junie tot Oktober maar hoofsaaklik in Julie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg, val eers grond toe na 'n brand en word deur knaagdiere versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteen- en kwartsietgrond op hoogtes van 60 - 1 700 m.
Dit staan ook as die knokkerbos of knopbos bekend, en die plant se FSA-nommer is 81.3.[2] In Engels staan dit as die grey conebush bekend.