T'kaibebos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Pteronia |
Spesie: | P. incana
|
Binomiale naam | |
Pteronia incana (Burm.) DC.
|
Die T'kaibebos[1] (Pteronia incana) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die provinsies Noord-, Oos- en Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[2]
Dit kom in renosterveld (Overberg en Swartland) saam met die renosterbos voor.[3]
Die plant is aromaties en onsmaaklik vir die vee en bevat 'n essentiële olie.[4] Die enigste etnobotaniese inligtings oor hierdie plant is deur die Montagu Museum van die Wes-Kaap opgeteken. Dit is teen griep, koors, niersiektes en rugpyne gebruik. In 2010 is dit aan navorsing onderwerp om te sien of die essentiële olie wat uit die plant verkry kan word mediese waarde het. Die olie bevat veral β-pineen, limoneen, 1,8-cineool, myrceen, spathulenol, p-cymeen and metieleugenol en in kleiner hoeveelhede α-pineen, sabineen, γ-terpineen, terpinen-4-ol, biclogermacreen, globulol and α-bisabolol. Dit blyk veral werksaam teen die gis Cryptococcus neoformans te wees.[5]