Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2010 | |
Datums | 30 April – 16 Mei |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Agt en uitklopfase |
Gashere | Wes-Indië |
Kampioen | Engeland (1ste titel) |
Naaswenner | Australië |
Deelnemers | 12 (20 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Speler van die reeks | Kevin Pietersen |
Meeste lopies | Mahela Jayawardene (302)[1] |
Meeste paaltjies | Dirk Nannes (14)[2] |
← 2009 2012 → |
Die T20I-wêreldbeker 2010 (Engels: 2010 ICC Men's T20 World Cup) is van 30 April tot 16 Mei 2010 in Wes-Indië beslis. Dit was die derde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2010 (2010 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Dit was ná die Krieketwêreldbeker 2007 die tweede groot kriekettoernooi in Wes-Indië.
Hoewel die T20I-wêreldbeker sedert die eerste toernooi in 2007 al om die twee jaar gehou is, is die in 2010 beplande EDI-toernooi Kampioenetrofee in Wes-Indië in ’n T20I-formaat omgeskep nadat die Kampioenetrofee 2008 in Pakistan weens veiligheidskwessies uitgestel en die internationale kriekettoernooikalender aangepas moes word. Vervolgens het die T20I-wêreldbeker 2010 net tien maande ná die vorige T20I-wêreldbeker 2009 plaasgevind.[4]
Die toernooi se formaat van 2007 en 2009 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2010 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan en Ierland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2010 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Pakistan en Sri Lanka het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het die verdedigende wêreldkampioen Pakistan en Engeland het Sri Lanka geklop, waardeur vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis geen Suid-Asiatiese span die eindstryd gehaal het nie. Engeland het Australië in die eindstryd op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm.[5] Beide die gasheer Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.
Die Internasionale Krieketraad het Wes-Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2010 aangewys. Wes-Indië sou oorspronklik die Kampioenetrofee 2010 aanbied, maar nadat die vorige Kampioenetrofee 2008 in Pakistan weens veiligheidskwessies uitgestel moes word, is die 2010-toernooi in ’n T20I-wêreldbeker verander en Wes-Indië het as gasheer aangebly.[4]
Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2010 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië (gasheer) en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2010 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Afghanistan het vir die eerste keer vir ’n belangrike internasionale kriekettoernooi gekwalifiseer, terwyl die leidende assosiaatlede Nederland en Skotland dié toernooi misgeloop het. Aangesien Zimbabwe aan die vorige 2009-toernooi onttrek het, het hulle nie ’n plasing in die 2010-toernooi verkry nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Wes-Indië | Gasheer | Derde | 2009 | Halfeindrondte (2009) |
Australië | Volle lede | Derde | 2009 | Halfeindrondte (2007) |
Bangladesj | Derde | 2009 | Super Agt (2007) | |
Engeland | Derde | 2009 | Super Agt (2007, 2009) | |
Indië | Derde | 2009 | Kampioen (2007) | |
Nieu-Seeland | Derde | 2009 | Halfeindrondte (2007) | |
Pakistan | Derde | 2009 | Kampioen (2009) | |
Sri Lanka | Derde | 2009 | Naaswenner (2009) | |
Suid-Afrika | Derde | 2009 | Halfeindrondte (2009) | |
Zimbabwe | Tweede | 2007 | Eerste rondte (2007) | |
Afghanistan | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2010 | Eerste | – | Debuut |
Ierland | Tweede | 2009 | Super Agt (2009) |
Tydens die toernooi is drie Wes-Indiese stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2010 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Gros Islet, St. Lucia | Bridgetown, Barbados | Georgetown, Guyana |
---|---|---|
Beausejourstadion | Kensington-ovaal | Providencestadion |
14°04′14.00″N 60°55′53.95″W / 14.0705556°N 60.9316528°W | 13°6′18.18″N 59°37′21.29″W / 13.1050500°N 59.6225806°W | 6°45′27.96″N 58°10′40.77″W / 6.7577667°N 58.1779917°W |
Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 28 000 | Kapasiteit: 15 000 |
T20I-wêreldbeker 2010 (Klein-Antille) |
T20I-wêreldbeker 2010 (Guyana) |
Die T20I-wêreldbeker 2010 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 30 April 2010 op Providencestadion in Georgetown, Guyana, met die openingswedstryd tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 16 Mei met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Engeland die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007 en 2009 ingespan.
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2010 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:
Die T20I-wêreldbeker 2010 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[6]
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[7]
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[8]
|
|
|
Kwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 4 Julie 2009 bekend gemaak.
Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +1.525 |
Pakistan | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | −0.325 |
Bangladesj | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −1.200 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +0.428 |
Sri Lanka | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.355 |
Zimbabwe | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −1.595 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +1.495 |
Suid-Afrika | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.125 |
Afghanistan | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −2.446 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Indië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +2.780 |
Engeland | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | −0.452 |
Ierland | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | −3.500 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.962 |
Pakistan | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | +0.041 |
Nieu-Seeland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.373 |
Suid-Afrika | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.617 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +2.733 |
Sri Lanka | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.333 |
Wes-Indië | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −1.281 |
Indië | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −1.117 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
13 Mei – Gros Islet, St. Lucia | ||||||
Engeland | 132/3 | |||||
Sri Lanka | 128/6 | 16 Mei – Bridgetown, Barbados | ||||
Engeland | 148/3 | |||||
14 Mei – Gros Islet, St. Lucia | Australië | 147/6 | ||||
Australië | 197/7 | |||||
Pakistan | 191/6 |
t
|
||
t
|
||
t
|
||
T20I-wêreldkampioen 2010 |
---|
Engeland |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2010.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Engeland | D/E | 7 | 5 | 1 | 1 | 1063 | 774 | +289 | 11 | — |
2 | Australië | A/F | 7 | 6 | 0 | 1 | 1137 | 937 | +200 | 12 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Sri Lanka | B/F | 6 | 3 | 0 | 3 | 885 | 769 | +116 | 6 | — |
4 | Pakistan | A/E | 6 | 2 | 0 | 4 | 947 | 960 | –13 | 4 | — |
In die Super Agt uitgeskakel | |||||||||||
5 | Wes-Indië | D/F | 5 | 3 | 0 | 2 | 610 | 718 | –108 | 6 | — |
6 | Nieu-Seeland | B/E | 5 | 3 | 0 | 2 | 614 | 674 | –60 | 6 | — |
7 | Indië | C/F | 5 | 2 | 0 | 3 | 755 | 807 | –52 | 4 | — |
8 | Suid-Afrika | C/E | 5 | 2 | 0 | 3 | 747 | 739 | +8 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
9 | Ierland | D | 2 | 0 | 1 | 1 | 82 | 258 | –176 | 1 | −3.500 |
10 | Bangladesj | A | 2 | 0 | 0 | 2 | 265 | 313 | –48 | 0 | −1.200 |
11 | Zimbabwe | B | 2 | 0 | 0 | 2 | 113 | 209 | –96 | 0 | −1.595 |
12 | Afghanistan | C | 2 | 0 | 0 | 2 | 195 | 255 | –60 | 0 | −2.446 |
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker 2010. |