| |||||||
Gestig | September 1938 | (as DTA, Divisão dos Transportes Aéreos)||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 17 Julie 1940 | ||||||
Hoofspille | Quatro de Fevereiro-lughawe | ||||||
Subsidiêre | Angola Air Charter (100%) | ||||||
Vlootgrootte | 17 | ||||||
Bestemmings | 31 | ||||||
Houermaatskappy | Regering van Angola (100%) | ||||||
Hoofkantoor | Luanda, Angola | ||||||
Sleutelpersone | Joaquim Teixeira da Cunha (voorsitter en HUB) | ||||||
Werknemers | 3 268 | ||||||
Webwerf | taag |
TAAG Angola Airlines EP (Portugees: TAAG Linhas Aéreas de Angola E.P.) is 'n staatsbeheerde lugredery en vlagskip van Angola. Die redery is in Luanda gevestig en bedryf 'n Boeing-vloot op binnelandse dienste in Angola, mediumafstanddienste in Afrika en langafstanddienste na Brasilië, Kuba en Portugal.[2] Die lugredery is oorspronklik deur die regering as Divisão dos Transportes Aéreos (DTA) in 1938 gestig, en herdoop tot TAAG Angola Airlines in 1973. Dit het vlagdraerstatus in 1975 verwerf en is nou 'n lid van beide die International Air Transport Association [3] en die African Airlines Association.[4]