Tale van Rusland | |
---|---|
Federale amptelike taal | Russies |
Ander amptelike tale | 27 saam met Russies in verskeie streke |
Belangrikste buitelandse tale | 15% van Russe het in 2008 buitelandse tale gepraat:[1] Engels (80% van alle mense wat buitelandse tale praat) Duits (16%) Frans (4%) Turks (2%) |
Vingertaal | Russiese vingertaal |
Mees algemene sleutelborduitleg | ![]() |
Van al die tale van Rusland is Russies die enigste amptelike taal regdeur die Russiese Federasie. Altesaam 27 ander tale is saam met Russies amptelike tale in sekere streke.
Russies was die enigste amptelike taal van die Russiese Ryk, wat tot in 1917 bestaan het. Tydens die Sowjettyd het die beleidrigtings oor die verskillende entniese groepe se tale in die praktyk verskil. Die staat het alfabette en grammatika help ontwikkel vir verskeie tale wat nie oor ’n skryfvorm beskik het nie. Hoewel elk van die Sowjetrepublieke sy eie taal gehad het, was Russies die enigste amptelik taal van die hele Sowjetunie.
Russies het sy status verloor in baie van die nuwe republieke wat ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 ontstaan het. In Rusland het dit egter sy oorheersende status behou. Vandag ontvang 97% van skoliere in staatskole hul onderrig net of hoofsaaklik in Russies, hoewel net 80% etniese Russe is.
Hoewel Russies die enigste federale amptelike taal in Rusland is, is daar verskeie ander tale in die federale deelgebiede wat ook amptelike status het. Hieronder is ’n lys van tale wat net in dele van Rusland amptelike status het (die taalfamilie waartoe hulle behoort, word tussen hakies gegee):
Daar is baie tale in Rusland wat uitgesterf het of aan die uitsterf is. Min inligting is oor die status van sommige van dié tale beskikbaar.
Dié inligting kom van Michael Krauss, 1995. Van dié tale het moontlik al uitgesterf. Sedert 1997 het Kerek en Joegh reeds uitgesterf.