Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Neogeen | Mioseen | Aquitanium | jonger | |
Paleogeen | Oligoseen | Chattium | 23,03–28,1 | |
Rupelium | 28,1–33,9 | |||
Eoseen | Priabonium | 33,9–38,0 | ||
Bartonium | 38,0–41,3 | |||
Lutetium | 41,3–47,8 | |||
Ipresium | 47,8–56,0 | |||
Paleoseen | Tanetium | 56,0–59,2 | ||
Selandium | 59,2–61,6 | |||
Danium | 61,6–66,0 | |||
Kryt | Laat | Maastricht | ouer | |
Die verdeling van die Paleogeen (IKS). |
Die Tanetium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Paleoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 59,2 tot 56 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Selandium en gevolg deur die Ipresium. Dit eindig met die PETM-voorval.
Die Tanetium is in 1874 deur die Switserse geoloog Eugène Renevier genoem na die Britse Isle of Thanet.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die begin van die magnetiese chronosone C26n en die bokant deur ’n negatiewe δ13C-anomalie. Die globale stratotipepunt lê, nes dié van die Selandium, in die ontsluiting langs die strand van Itzerun in Spanje.[2]