Teenpous Nicolaas V | |
---|---|
Geboortenaam | Pietro Rainalducci |
Geboorteplek | Corvaro by Rieti |
Geboortedatum | ongeveer 1275 |
Sterfdatum | 16 Oktober 1333 |
Sterfplek | Avignon |
Teenpous van | Pous Johannes XXII |
Begin van pontifikaat | 12 Mei 1328 |
Einde van pontifikaat | 25 Augustus 1330 |
Nicolaas V[1] gebore Pietro Rainalducci was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk van 12 Mei 1328 tot 25 Augustus 1330. Hy was 'n teenpous teen Pous Johannes XXII wat vanuit Avignon, Frankryk geheers het. Nicolaas het in Rome regeer. Hy was die laaste teenpous wat deur 'n heilige Romeinse keiser geïnstalleer is.
Pietro is gebore in Corvaro, 'n ou burg naby Riete in Lazio. In 1310 skei hy van sy vrou en word monnik by die Franciskane. Deur die invloed van die geëkskommunikeerde keiser Lodewyk IV die Beier word hy op 12 Mei 1328 tot pous verkies en in die Sint Pieterskerk in Rome gekroon deur die biskop van Venesië.
Na vier maande in Rome trek hy saam met keiser Lodewyk na Viterbo en later na Pisa. Op 19 Februarie 1329 veroordeel Nicolaas offisieel vir pous Johannes XXII op die Campo di Miracoli plein in Pisa.
In 1329 word Nicolaas geëkskommunikeer deur pous Johannes en Nicolaas soek beskerming by graaf Bonifatus van Donoratico by Piombino. Nadat hy 'n vrywaring verkry het bieg hy sy sondes aan die aartsbiskop van Pisa en later aan pous Johannes in Avignon. Die pous hou Nocolaas gevange in die paleis in Avignon tot aan sy dood op 16 Oktober 1333.
Omdat Nicolaas nie 'n wettige pous was nie, is die kardinale wat hy aangestel het nie deur die Rooms-Katolieke Kerk as sulks erken nie. Hulle staan bekend as pseudo-kardinale.[2]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |