Terence Macleane Salter | |
Gebore | Cheltenham, Gloucester, Verenigde Koninkryk | 5 Februarie 1883
---|---|
Oorlede | 30 Maart 1969 (op 86) Kaapstad, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Brits |
Vakgebied | Plantkundige en plantversamelaar |
Instelling(s) | Koninklike Britse Vloot Bolus Herbarium, Kaapstad |
Bekend vir | Kaapse-plante |
Terence Macleane Salter (5 Februarie 1883 - 30 Maart 1969) was 'n Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige. Onder die plant taxa wat na sy eer verwys word, is die genus Saltera en 'n orgidee.
Salter was die tweede kind van Emily Susannah Wilding en James Colam Salter. Hy is in Cheltenham, Gloucestershire, Engeland gebore. Hy het in 1900 by die Koninklike Britse Vloot aangesluit en is in 1901 tot assistentbetalingsmeester bevorder. Hy was aan boord van HMS Majestic in Gibraltar en is in 1916 tot kaptein bevorder.[1][2]
Hy was vanaf 1927 gestasioneer aan Simonstadse vlootbasis, Suid-Afrika, tot sy aftrede in 1931.[2] Tydens sy kommissie in Simonstad het hy hoofsaaklik plante van die Kaapse gebied versamel. Die monsters wat hy gedurende hierdie tydperk versamel het, is aan herbarium-versamelings van die Koninklike Botaniese Tuin, Kew en die Natuurhistoriese Museum, Londen bygevoeg.[3][4]
Na sy emigrasie na Suid-Afrika in 1935, het hy sy versamelingswerk vir die herbariumversamelings van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut en die Bolus Herbarium hervat tot 1957.[3]
Hy het met Robert Stephen Adamson saamgewerk en hulle het die boek Flora of the Cape Peninsula in 1950 saam gepubliseer. Hy het tot 1960 in die Bolus Herbarium gewerk. Gedurende daardie tyd het hy die reputasie as spesialis op Kaapse plante verdien, veral die genus Oxalis.[3][4]
Hy is op 86-jarige ouderdom in Kaapstad dood.[2][4]
Die standaardskrywerafkorting T.M.Salter word gebruik om hom as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Verskeie plante taxa is in Salter se ere genoem, insluitend die genus Saltera (Penaeaceae), die orgidee Disa salteri, Lachenalia salteri,[5] Lampranthus salteri[6] en Oxalis salteri.[4][7][8]
{{cite journal}}
: Check |doi=
value (hulp); Gaan datum na in: |doi-broken-date=
(hulp)CS1 maint: DOI inactive as of 2019 (link)