Tetis of Tethis (Grieks: Τηθύς) was in die Griekse mitologie ’n Titaan en seegodin. Sy was die dogter van Uranos en Gaia en die suster sowel as metgesel van Okeanos.[1]
Sy was die moeder van die belangrikste riviere wat die Grieke geken het, asook sowat 3 000 dogters bekend as die Okeaniede.[2]