Algemeen | |
---|---|
Naam | tetrachloormetaan |
IUSTC-naam | Tetrachlorometaan |
Chemiese formule | CCl4 |
Molêre massa | 153,82 g/mol[1] |
CAS-nommer | 56-23-5[1] |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Dipoolmoment | 0 D |
Reukdrempel | 140-584 mmHg[2] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -23 °C[1] |
Kookpunt | 76 °C[1] |
Digtheid | 1,584 [g/cm3] @ 20C[2] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water |
Dampdruk | 121 mbar (@ 20 °C)[1] |
Brekingsindeks | 1,4601 @ 20 °C[2] |
Kritieke temperatuur | 556K[3] |
Kritieke druk | 45 bar[3] |
ΔvapHɵ | 32 kJ/mol[3] |
ΔfusHɵ | 2,69 kJ/mol[3] |
Henry se konstante | 0,033[mol/(kg.bar)] 4000[K][3] |
Warmtekapasiteit | 0,850 J/gK[2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar[1] |
Selfontbrandingspunt | 982 °C[1] |
LD50 | 32350 mg/kg (akuut, oraal, rot);[1] |
LC50 | 8000 dpm (rot; 4 uur) inhaleer[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Tetrachloormetaan of tetrachloorkoolstof (soms kort tetra of CT) is 'n haloalkaan. Dis 'n verbinding van koolstof en chloor met formule CCl4.
Die stof is 'n vloeistof teen kamertemperatuur en dis 'n veelgebruikte apolêre organiese oplosmiddel.
Tetrachloormetaan was die eerste van die gechlorineerde oplosmiddels wat in algemene gebruik geraak het. Die produksie van kommersiële hoeveelhede het teen 1900 begin. Dit het vinnig verskeie kommersiële en industriële aanwendings gevind, veral as skoonmaakmiddel en as grondstof vir de sintese van chloorfluoorkoolwaterstowwe. Die produkie het in die jare 1970 sy maksimum beleef.[4] Later het die besef deurgedring dat die stof toksiese eienskappe het, die omgewing besoedel en bydra tot die osoonprobleme in die atmosfeer.
Die stof is in verskeie prosesse vervaardig. Die vroegste metode was die chlorinasie van CS2. Vanaf 1950 het pirolitiese chlorinasie van metaan en propaan begin en begin om die CS2-proses te verdring.[4]
Tetrachloorkoolstof is grootskaals vervaardig as 'n oplosmiddel vir olies, vette, vernis, rubberwasse en harse, en as 'n graanberokingsmiddel en 'n droogskoonmaakmiddel. Verbruikers- en berokingsmiddelgebruike is gestaak en slegs industriële gebruike bly oor.[2]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)