Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
The Fray | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Denver, Colorado, Verigde State |
Genres | Klavier rock Alternative rock |
Jare aktief | 2002 – hede |
Etikette | Sony BMG, Epic |
Webwerf | http://www.thefray.net |
Lede | Isaac Slade Joe King Dave Welsh Ben Wysocki Jimmy Stofer |
Gewese lede | Caleb Slade Dan Battenhouse Zach Johnson Dave Hedin |
The Fray is 'n rock musiekgroep vanuit Denver, Colorado, en bestaan uit vier groepslede. Hulle is veral bekend vir hul single Over My Head (Cable Car), wat in die top tien van die Billboard Hot 100 gekom het. Hierdie single was ook 'n treffer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die opvolger, How To Save A Life, had nog meer sukses en besorg hul album met 'n superverkoop van meer as 1,3 miljoen eksemplare. Die gelyknamige album kom so in die top vyftien van die Billboard 200 Album Chart.
Die groep is in 2002 gevorm en bestaan uit Isaac Slade (voorsanger en pianis), Joe King (ghitaar en sang), Dave Welsh (ghitaar) en Ben Wysocki (trom en perkussie).Hulle het nie 'n permanente basspelere nie; die laaste basspeler wat saam met hulle op toer was, was Jimmy Stofer. Hulle word gereeld vergelyk met Coldplay, maar hulle sê self dat hulle die meeste beïnvloed is deur musiekgroepe soos U2, Better Than Ezra en Counting Crows. Alhoewel hulle dikwels lirieke sing wat na die Christelike kant klink, ag hulle nie hulself as 'n Christelike groep nie.
In die lente van 2002 ontmoet Isaac Slade en Joe King mekaar in 'n plaaslike Guitar Center. Hulle het gou begin om 'n jam-sessie te organiseer, liedjies te skrywe en hul eie styl te ontwikkel wat 'n kombinasie moes wees van die manier van werk van U2 en Coldplay. Later sluit Zach Johnson en Caleb, die broer van Slade, ook by die groep aan. Johnson het egter gou weer vertrek om te gaan studeer aan die kunsskool in New York. Wysocki, 'n vriend van Isaac Slade, het toe by die groep aangesluit as tromspeler. Die verhouding tussen die twee broers het gelei tot die skrywe van die lied Over My Head (Cable Car).
Ná die vertek van Caleb het die groep nie meer 'n vaste basspeler gehad nie. Vóór konserte en musiektoere doen hulle beroepe op verskillende basspelers om te kon uithelp. Die laaste nuwe groepslid was Dave Welsh, 'n ou kennis van Slade en Wysocki.
Hulle het hul naam gekies tydens 'n sogenaamde "graduation party" van Caleb Slade deur 'n voorstelronde te hou.
In 2002 het hulle Movement EP uitgereik, 'n klein album met vier liedere. Slegs 'n klein aantal daarvan word ooit beskikbaar gestel, en vandag nog is dit moeilik om dit in die hande te kry. Die jaar daarná het hulle Reason EP uitgereik. Ondanks veel minder goeie kritiek het hulle tog 'n single uitgebring.
In Julie 2005 het hulle tien voorprogramme vir Weezer gedoen, en daarna twaalf vir Ben Folds. In Januarie 2006 het hulle met hul eie konserttoer begin.
Enkelsnitte met trefferlysnotering in die Top 40 | |||||
Titel | Datum van vrystelling |
Datum van intrede |
Hoogste posisie |
Aantal weke |
Opmerkings |
---|---|---|---|---|---|
Over my head (Cable car) | 2007 | 27-1-2007 | 20 | 7 | |
How to save a life | 2007 | 5-5-2007 | 20 | 8 |
Enkelsnitte met trefferlysnotering in die Ultratop 50 | |||||
Titel | Datum van uitgewing |
Datum van binnekoms |
Hoogste posisie |
Aantal weke |
Opmerkings |
---|---|---|---|---|---|
How to save a life | 2007 | 03-03-2007 | 7 | 19 |