The Oval, ook genoem die "Kia Oval" weens borgskapredes, is 'n bekende internasionale krieketstadion in Kennington, Londen, Engeland. Dit het ook voorheen as "Kennington Oval" bekend gestaan.[1]
"The Oval" is die tuisveld van die Surrey County Cricket Club. "The Oval" was die eerste veld in Engeland en die tweede ter wêreld (ná die Melbourne-krieketveld in Australië) om toetskrieket aan te bied. Engeland se nederlaag teen Australië op 29 Augustus 1882 en die spottende reaksie van Australië het tot inrigting van Die As-kompetisie tussen albei nasionale krieketspanne gelei, wat sedertdien al om die twee jaar uitgespeel word. The Oval is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik. Daarbenewens het The Oval wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied.
Wes-Indië wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en David Constant (Eng) Speler van die wedstryd: Alvin Kallicharran (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wes-Indië wen met agt paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: David Constant (Eng) en Alan Whitehead (Eng) Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Suid-Afrika wen met 122 lopies The Oval, Londen Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Lance Klusener (SA)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Rudi Koertzen (SA) Speler van die wedstryd: Andrew Symonds (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wes-Indië wen met vyf paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Jeremy Lloyds (Eng) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Ramnaresh Sarwan (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Reën onderbreek die speel nadat ses boulbeurte van Wes-Indië se kolfbeurt geboul is. Die res is op 19 September gespeel.[2]
Sri Lanka wen met vier paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Elton Chigumbura (Zim)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wes-Indië wen met vyf paaltjies (D/L-metode) The Oval, Londen Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Rudi Koertzen (SA) Speler van die wedstryd: Ramnaresh Sarwan (WI)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 80 lopies in nege boulbeurte vir Wes-Indië.
Engeland wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: James Tredwell (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Sri Lanka wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Kusal Mendis (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Pakistan wen met 180 lopies The Oval, Londen Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Neu-Seeland wen met twee paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: Ross Taylor (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.