The Simpsons | |
Logo van The Simpsons | |
Genre | Geanimeerde sitkom surrealistiese humor sosiale satire familie |
---|---|
Geskep deur | Matt Groening |
Ontwikkel deur | James L. Brooks Matt Groening Sam Simon |
Met | Dan Castellaneta Julie Kavner Nancy Cartwright Yeardley Smith Hank Azaria Harry Shearer |
Temamusiekkomponis | Danny Elfman |
Openingstema | The Simpsons Theme |
Komponis(te) | Alf Clausen |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 31 |
Aantal episodes | 666 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Al Jean John Frink James L. Brooks Matt Groening Matt Selman Sam Simon |
Produksiemaatskappy | Gracie Films 20th Century Fox Television Klasky Csupo (1990–1992) Film Roman (1992–hede) |
Verspreider | 20th Television |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Fox |
Beeldformaat | 480i/576i (4:3 SDTV) (1989–2009) 720p (16:9 HDTV) (2009–hede) |
Klankformaat | Stereo (1989–1991) Dolby Surround 2.0 (1991–2009) 5.1 surround sound (2009–hede) |
Eerste lopie | 17 Desember 1989 – hede |
Kronologie | |
Voorafgegaan deur | The Simpsons shorts van The Tracey Ullman Show |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
The Simpsons is ’n Amerikaanse televisie-animasiereeks wat deur Matt Groening geskep is[1][2][3] en sedert 1989 in Suid-Korea en die VSA vervaardig word.
Die reeks is ’n satiriese uitbeelding van ’n werkersklasgesin, die Simpsons, wat bestaan uit Homer, Marge, Bart, Lisa en Maggie. Dit speel in die 21ste eeu op ’n fiktiewe dorp, Springfield, af en is ’n parodie op die Amerikaanse kultuur en gemeenskap, televisie en die menslike bestaan.
Groening het aanvanklik ’n reeks kort tonele geskryf en die lede van die disfunksionele gesin na sy eie gesinslede genoem, met Bart in die plek van sy eie naam. Dit het op 19 April 1987 deel van The Tracey Ullman Show geword. Ná drie seisoene is dit ontwikkel in ’n halfuurlange program in spitstyd.
Dit is die sitkom wat die langste nog op televisie wys, met (in Januarie 2018) altesaam 30 seisoene[4][5] en meer as 650 episodes sedert die eerste uitsending op 17 Desember 1989. Daar is ook ’n rolprent, The Simpsons Movie (2007), ’n videospeletjie (ook 2007) en ’n Simpsons Comic, wat deur Bongo Comics gepubliseer word. Daar sal minstens ’n 31ste reeks ook wees, maar die datum is nog nie aangekondig nie.[6]
The Simpsons is wyd geprys tydens sy eerste nege[7][8] of tien[9][10] seisoene, wat as sy "goue era" beskou word. Die tydskrif Time het dit die 20ste eeu se beste TV-reeks genoem,[11] en Erik Adams van The A.V. Club meen dis die beste televisieproduk "ongeag die formaat".[12]
Op 14 Januarie het die Simpson-gesin ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry. Dit het al tientalle pryse gewen, insluitende 31 Emmys, 30 Annies en Peabody-prys, en Homer se uitroep "D'oh!" is selfs in Engels opgeneem.