The Times of India (TOI) is 'n Indiese Engelstalige dagblad wat deur The Times Group besit word. Dit is volgens sirkulasie die derde grootste koerant in Indië en die grootste Engelstalige dagblad ter wêreld.[1][2][3][4][5][6] Dit is die oudste Engelse dagblad in Indië wat steeds in sirkulasie is,[7] met die eerste uitgawe wat in 1838 gedruk is. Dit is ook die tweede grootste Indiese koerant wat steeds in sirkulasie is, na die Bombay Samachar. Teen die begin van die 20ste eeu beskryf Lord Curzon, die Onderkoning van Indië, The Times of India as "die voorste koerant in Asië".[8][9] In 1991 benoem die BBC The Times of India as een van die wêreld se ses beste koerante.[10][11]
Wikimedia Commons bevat media in verband met The Times of India. |