Thebaanse Dodeakker | ||
'n Lugfoto van die Thebaanse Dodeakker. | ||
Koördinate | 25°44′N 32°36′O / 25.733°N 32.600°O | |
Land | Egipte | |
Soort | Dodeakker | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 87 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Antieke Thebe met sy nekropolis | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die Thebaanse Dodeakker of Thebaanse Nekropolis is aan die westeroewer van die Nylrivier in Egipte geleë, oorkant Thebe (nou Luxor). Dit is vir rituele begrafnisse gebruik tydens 'n groot deel van die farao's se bewindstydperk (veral die Nuwe Ryk).[1]
Die bekendste dele van die nekropolis is die Vallei van die Konings en Vallei van die Koninginne, wat vir koninklikes gebruik is. Daar is egter ook die Grafkelders van die Adellikes en baie ander grafte van amptenare en bekende mense van die antieke stad.