Tigrinya | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 7,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Ethiopië 4 500 000 Eritrea 2 700 000 |
Taal: | Tigrinya |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Ethiopies-Ortodokse Kerk, Eritrese Ortodokse Tewahedo-Kerk Minderheit Islam, Rooms-Katolieke Kerk, Protestantisme |
Verwante etniese groepe: | Afar • Agaw • Amhare • Beja • Beta Israel • Gurage • Harari • Oromo • Saho • Somaliërs • Tigre en ander Koesjitiese volke[10] |
Die Tigrinya (Tigrinya: ተጋሩ; tägaru) is 'n etniese groep inheems aan Ethiopië en Eritrea. Volgens die nasionale sensus van 2007 leef sowat 4,5 miljoen Tigrinya in Ethiopië, sowat 6,08% van dié land se bevolking. Hulle praat Tigrinya, 'n Semitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.
Die Tigrinya vorm die vierde grootste etniese groep in Ethiopië ná die Oromo, die Amhare en die Somaliërs en vorm die titulêre nasie van die Tigray-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens leef sowat 2,7 miljoen Tigrinya in Eritrea. Hulle word in Ethiopië Tigray en in Eritrea Tigrinya genoem. In Eritrea vorm hulle sowat 55% van die bevolking.
As gevolg van die Eritrese Onafhanklikheidsoorlog (1961–1991) en die Eritrese-Ethiopiese Oorlog (1998–2000) het Tigrinya ook in lande soos Duitsland, Swede, Noorweë, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Nederland, Italië, Denemarke en Australië gevestig. Wêreldwyd leef sowat 7,5 miljoen Tigrinya, met 'n groot aantal aan vlugtelinge.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)