Toengoesiese tale

Toengoesiese tale
Mantsjoe-Toengoesies
Geografiese
verspreiding:
Siberië, Mantsjoerye
Genetiese
klassifikasie
:
Altaïes (omstrede)
 Toengoesiese tale
Onderafdelings:
Noord-Toengoesiese tale
Suid-Toengoesiese tale

Verspreiding van Toengoesiese tale

Die Toengoesiese tale of Mantsjoe-Toengoesies is 'n taalfamilie wat uit 11 tale bestaan en deur 750 000 mense in Siberië en Mantsjoerye gepraat word. Dié taalfamilie bestaan uit twee groepe, naamlik die Noord-Toengoesiese en die Suid-Toengoesiese tale. Soms word die Toengoesiese tale ook in drie takke verdeel: Sentraal-Toengoesies, Mantsjoe-Jurgies en Nord-Toengoesies.[1]

Gedenkplaat in die Verbode Stad in Beijing, Volksrepubliek China, in beide Chinees (links, qián qīng mén) en Mantsjoe (regs, kiyan cing men)

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Xibe (30 000), Ewenkies (15 800) en Ewenies (5 660). Die Toengoesiese tale in Rusland word met die Cyrilliese alfabet geskryf, terwyl die Toengoesiese tale in die Volksrepubliek China veral met die Mongoolse skrif of soms met Chinese karakters geskryf word. Mantsjoe vorm as voormalige amptelike taal van die Qing-dinastie die histories belangrikste taal van die Toengoesiese tale, maar is nou ernstig bedreig. Die meeste Mantsjoes praat intussen Mandaryns.

Sommige taalkundiges groepeer die Toengoesiese tale saam met die Mongoolse en die Turkse tale, soms nog met die Japannese tale, Koreaans en Ainoe, by die Altaïese tale, hoewel dit algemeen betwis word.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). "Tungusic". Glottolog 3.0. Jena, Duitsland: Max Planck Institute for the Science of Human History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 25 November 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. (en) "The Altaic family controversy – Languages Of The World". Languages Of The World. 16 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019. Besoek op 25 November 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]