Tom Hanks | |
Tom Hanks in 2019
| |
Geboortenaam | Thomas Jeffrey Hanks |
---|---|
Geboorte | 9 Julie 1956 |
Kinders | 4, insluitend Colin |
Beroep(e) | Akteur, rolprentvervaardiger, rolprentregisseur |
Aktiewe jare | 1980 tot hede |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Thomas Jeffrey Hanks (* 9 Julie 1956 te Concord, Kalifornië, VSA) is 'n Amerikaanse akteur. Hy was die eerste akteur ná Spencer Tracey wat twee jaar opeenvolgend die Academy-toekening vir beste akteur ontvang het: in 1994 vir Philadelphia en in 1995 vir Forrest Gump. Hy het daarnaas meer as vyftig ander akteurstoekennings ontvang, waaronder Golden Globes-toekennings vir Big, Philadelphia, Forrest Gump en Cast Away, American Comedy-toekennings vir Big, A League of Their Own en Forrest Gump, 'n Silwer Beer vir Philadelphia, 'n Empire-toekenning vir Saving Private Ryan en 'n Saturn-toekenning vir Big.
Tom Hanks het in 'n gebroke familie grootgeword. Sy ouers was pioniers op die gebied van die skeidingswetgewing in die staat. Hanks het gereeld verhuis. Hy het 'n oudisie by 'n plaaslike toneelvereniging gedoen en het 'n uitnodiging van die regisseur van daardie vereniging ontvang om na Cleveland, Ohio te gaan, waar sy akteursloopbaan begin het.
Hy het sy tweede vrou, aktrise Rita Wilson, op die stel van die rolprent Volunteers (1985) ontmoet. Hulle het saam twee kinders. Hanks het nog twee kinders uit sy eerste huwelik met Samantha Lewis tussen 1978 en 1987.
Hanks het bekendheid verwerf vir sy rolle in Forrest Gump en Apollo 13, toe hy 38 jaar oud was. In 1996 het Hanks vir die eerste keer agter die kamera gewerk: hy het die rolprent That Thing You Do geskryf en geregisseer, asook 'n rol daarin gespeel.
Filmografie as akteur | |||
Jaar | Titel | Rol | Opmerkings |
---|---|---|---|
1980 | He Knows You're Alone | Elliot | |
1980 | The Love Boat | Rick Martin | Televisiereeks: 1 episode: Friends and Lovers/Sergeant Bull/Miss Mother |
1980-1982 | Bosom Buddies | Kip 'Buffy' Wilson | Televisiereeks |
1982 | Taxi | Gordon | Televisiereeks: episode "The Road Not Taken: Part 1" |
1982 | Happy Days | Dr. Dwayne Twitchell | Televisireeks: episode "A Little Case of Revenge" |
1982 | Mazes and Monsters | Robbie Wheeling | Televisierolprent |
1983-1984 | Family Ties | Ned Donnelly | Televisiereeks: episodes: "The Fugitive: Part 1" (1983) "The Fugitive: Part 2" (1983) "Say Uncle" (1984) |
1984 | Splash | Allen Bauer | |
1984 | Bachelor Party | Rick Gassko | |
1985 | The Man with One Red Shoe | Richard | |
1985 | Volunteers | Lawrence Bourne III | |
1986 | The Money Pit | Walter Fielding, Jr. | |
1986 | Nothing in Common | David Basner | |
1986 | Every Time We Say Goodbye | David Bradford | |
1987 | Dragnet | Pep Streebeck | |
1988 | Big | Josh | |
1988 | Punchline | Steven Gold | |
1988-1996 | Saturday Night Live | gas | Televisiereeks: 7 episodes waaronder: #14.1 (1988), #15.13 (1990), #16.8 (1990), #17.19 (1992), #22.1 (1996) |
1989 | The `burbs | Ray Peterson | |
1989 | Turner & Hooch | Det. Scott Turner | |
1990 | Joe Versus the Volcano | Joe Banks | |
1990 | The Bonfire of the Vanities | Sherman McCoy | |
1992 | Radio Flyer | Older Mike | |
1992 | Tales from the Crypt | Baxter | Televisiereeks: episode "None But the Lonely Heart" |
1992 | A League of Their Own | Jimmy Dugan | |
1993-1995 | Fallen Angels | Trouble Boy #1 | Televisieserie: episode "I'll Be Waiting" |
1993 | Sleepless in Seattle | Sam Baldwin | |
1993 | Philadelphia | Andrew Beckett | |
1994 | Vault of Horror I | Televisierolprent | |
1994 | Sunday Night Clive | Televisiereeks: episode #1.1 | |
1994 | Forrest Gump | Forrest Gump | |
1995 | Apollo 13 | Jim Lovell | |
1995 | Toy Story | Woody (stem) | |
1996 | That Thing You Do! | Mr. White | |
1998 | From the Earth to the Moon | Jean-Luc Despont / gas / verteller | Minitelevisiereeks |
1998 | Saving Private Ryan | Captain John H. Miller | |
1998 | You've Got Mail | Joe Fox | |
1999 | Toy Story 2 | Woody (stem) | |
1999 | Toy Story 2 | Woody (stem) | videospeletjie |
1999 | The Green Mile | Paul Edgecomb | |
2000 | Cast Away | Chuck Noland | |
2001 | Band of Brothers | Brits officier | Minitelevisiereeks |
2002 | Road to Perdition | Michael Sullivan | |
2002 | Catch Me If You Can | Carl Hanratty | |
2004 | Great Performances | Mountie | Televisiereeks: episode "Concert for George" |
2004 | The Ladykillers | Professor G.H. Dorr | |
2004 | The Terminal | Viktor Navorski | |
2004 | Elvis Has Left the Building | Mailbox Elvis | |
2004 | The Polar Express | held / vader / conducteur / Hobo / Scrooge / Kerstman |
|
2006 | De Da Vinci Code | Robert Langdon | |
2007 | Charlie Wilson's War | Charlie Wilson | |
2008 | The Great Buck Howard | Mr. Gable | |
2009 | Angels & Demons | Robert Langdon | |
2010 | Toy Story 3 | Woody (stem) |