Tommy Gunn | |
Gunn in 2019.
| |
Geboortenaam | Thomas Joseph Strada[1] |
---|---|
Alias | Thomas Gunn, Tommy Gun |
Geboorte | 13 Mei 1967 Cherry Hill, New Jersey, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Pornografiese akteur |
Aktiewe jare | 2004-tans[2] |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Thomas Joseph Strada, beter bekend onder sy professionele naam, Tommy Gunn (gebore 13 Mei 1967), is 'n Amerikaanse pornografiese akteur en regisseur. Hy het verskeie hoofstroomverskynings gemaak, onder meer in die TV-reeks Entourage. In 2007 het hy die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar ontvang en in 2016 is hy in AVN se heldesaal opgeneem.
Gunn se pa was van Italiaanse afkoms en sy ma half-Chinees.[3][4] Hy het 10 jaar as 'n ontkleedanser gewerk totdat hy in 2004 sy loopbaan in die pornografiebedryf begin het. In 2005 is hy gekies as AVN se beste nuweling van die jaar en in 2007 het hy die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar gewen.
Gunn het gedurende sy loopbaan al in sowat 2 500 video's opgetree.[2] In Februarie 2012 het hy sy eie onderklerereeks begin.[1]