Anthony Juniper (gebore op 24 September 1960) is 'n Britse skrywer, volhoubaarheid-adviseur en omgewings-spesialis wat as uitvoerende direkteur van Friends of the Earth, England, Wales and Northern Ireland gedien het. Hy was vanaf 2000 tot 2008 Adjunk-voorsitter van Friends of the Earth International gewees.[1]
Hy was die parlementêre kandidaat van die Groen Party vir die Cambridge Parlementêre-kiesafdeling tydens die algemene verkiesing in 2010 gewees.[2]In 2019 was hy aangestel as voorsitter van Natural England.
Hy het in Oxford grootgeword en Bristol-universiteit bygewoon waar hy in 1983 'n honneurs BSc graad in sielkunde en dierkunde behaal het, gevolg in 1988 deur 'n meestersgraad in bewaring van University College, Londen.[3] Hy het 'n senior genoot by die Cambridge Instituut vir Volhoubare Leierskap, wat by die Universiteit van Cambridge gebaseer is geword.[4] In 2013 was eregrade deur die Universiteit van Bristol en die[5] Universiteit van Plymouth aan hom toegeken.
Juniper was betrokke in pogings om die Spix se Macau, te wete een van die mees bedreigde voëls in die wêreld, te red. In sy boek Spix's Macaw: The Race to Save the World's Rarest Bird het hy privaat eienaars van die voëls, soos Antonio de Dios se Birds International gekritiseer en geargumenteer dat die Spix se Macau teruggeneem moet word na hulle geboorteland Brasilië sodat hulle in aanhouding kan broei en weer bekendgestel kan word aan hul natuurlike habitat wat steeds in verval is.[6]
Juniper het in 'n variëteit van rolle gefunksioneer, insluitende as 'n spesiale adviseur tot die Prins van Wallis se Liefdadigheid-Internasionaal Volhoubaarheid-eenheid. Hy het voorheen (2008-2010) gewerk as 'n spesiale adviseur van die prins se Reënwoude-projek. Hy is 'n genoot van die Universiteit van Cambridge Instituut vir Volhoubare Leierskap.[7][8]
Juniper het maatskappye soos Danone, Interserve[9] en Skanska bygestaan, en gehelp met hul volhoubaarheid strategieë. Hy is 'n stigter van die Robertsbridge-groep[10] wat advies voorsien aan maatskappye in verband met die volhoubaarheid van hul praktyke.
Hy was die voorsitter van 10:10 naamlik, 'n lid van die adviseursraad van Sandbag en 'n raadslid van Climate for Ideas. Hy het gewerk as 'n ambassadeur vir die National Trust se visie om 'n area van Cambridgeshire se vleilande rondom Wicken Fen te herstel. In Oktober 2009 was Tony Juniper as 'n trustee van die Bedfordshire, Cambridgeshire and Northamptonshire Wildlife Trust verkies. Gedurende 2009–2010 was hy 'n lid van die adviserende groep van die Wetenskapmuseum bygestaan het met die ontwikkeling van hul nuwe klimaat wetenskap-uitstalling genaamd Atmosphere. Hy was verder meer ook die voorsitter gewees van die adviseursraad van die Industrie veldtog Action for Renewables.
Juniper het saam met al die hoofstroom politieke partye van die Verenigde Koninkryk gewerk, en was in Januarie 2009 gekies as die Groen Party se parlementêre kandidaat tydens die algemene verkiesing in 2010 vir die Cambridge-kiesafdeling. Hy het 4de gekom, met 7.6% van die stemme, wat die Groen Party se persentasie meer as verdubbel het.
Hy was voor die algemene verkiesing (VK) van 2015 een van verskeie openbare figure gewees wat voorbrand gemaak het vir die parlementêre kandidaatskap van die Groen Party se Caroline Lucas.[11]
In Maart 2019 het die Sekretaris vir Omgewingsake, Michael Gove, vir Tony Juniper in die pos van voorsitter van Natural England aangestel. As deel van die aanstellingsproses het Juniper onderneem om afstand te doen van sy lidmaatskap van die Groen Party en sy uitvoerende posisie as direkteur van reklame en veldtogte by die WWF, sowel as van sy posisie as president van die Koninklike Genootskap vir die Natuurlewe Trusts.[12][13]