Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kwartêr | Pleistoseen | Gelasium | jonger | |
Neogeen | Plioseen | Piasensium | 2,588–3,600 | |
Zancleum | 3,600–5,332 | |||
Mioseen | Messinium | 5,332–7,246 | ||
Tortonium | 7,246–11,608 | |||
Serravallium | 11,608–13,65 | |||
Langhium | 13,65–15,97 | |||
Burdigalium | 15,97–20,43 | |||
Aquitanium | 20,43–23,03 | |||
Paleogeen | Oligoseen | Chattium | ouer | |
Die verdeling van die Neogeen (IKS). |
Die Tortonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 11,6 tot 7,24 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Serravallium en gevolg deur die Messinium.
Die Tortonium is in 1858 deur die Switserse geoloog Karl Mayer-Eymar genoem na Tortona in Piëmont, Italië. Die globale stratotipepunt vir die etage lê in die strand-ontsluiting Monte dei Corvi in die omgewing van Ancona in Noordoos-Italië.[2]
Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Discoaster kugleri en die Foraminifera Globigerinoides subquadratus, en word ook verbind met die kort magnetiese chronosone C5r.2n; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globorotalia conomiozea en lê ongeveer in die middel van die magnetiese chronosone C3Br.1r.