Die Tour de France (Frans: [tuʁ də fʁɑ̃s], letterlik: "Toer deur Frankryk") of kort Le Tour ([ləˈtuːʀ], "die toer"), ook Grande Boucle ([gʀɑ̃dˈbukl], "Groot Lus") genoem, is die bekendste en belangrikste fietswedren ter wêreld. Die wedren strek oor drie weke – dus eintlik 'n toer – en vind altyd gedurende Julie plaas. Die eerste wedren het in 1903 plaasgevind en gedurende 2024 het die wedren vir die 111de keer plaasgevind; dit is slegs tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, asook die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer. Alhoewel die roete jaarliks gewysig word, lei dit deur die hele Frankryk en aangrensende lande. Saam met die toer van Italië (Giro d’Italia) en die toer van Spanje (Vuelta a España) vorm dit deel van die Groot Drie Toere (Grand Tours). Die wenner is die ryer met die minste totale tyd na afloop van die toer; elke skof se tyd word bymekaar getel. Die wenner kry die geeltrui (maillot jaune). Die wenspan is die span met die minste totale tyd na afloop van die toer; die beste drie ryers se tye van elke span word vir elke skof bymekaar getel.
Jaar | Wenner | Nasionaliteit |
---|---|---|
2000 | Lance Armstrong | ![]() |
2001 | Lance Armstrong | ![]() |
2002 | Lance Armstrong | ![]() |
2003 | Lance Armstrong | ![]() |
2004 | Lance Armstrong | ![]() |
2005 | Lance Armstrong | ![]() |
2006 | Óscar Pereiro | ![]() |
2007 | Alberto Contador | ![]() |
2008 | Carlos Sastre | ![]() |
2009 | Alberto Contador | ![]() |
2010 | Andy Schleck* | ![]() |
2011 | Cadel Evans | ![]() |
2012 | Bradley Wiggins | ![]() |
2013 | Chris Froome | ![]() |
2014 | Vincenzo Nibali | ![]() |
2015 | Chris Froome | ![]() |
2016 | Chris Froome | ![]() |
2017 | Chris Froome | ![]() |
2018 | Geraint Thomas | ![]() |
2019 | Egan Bernal | ![]() |
2020 | Tadej Pogačar | ![]() |
2021 | Tadej Pogačar | ![]() |
2022 | Jonas Vingegaard | ![]() |
2023 | Jonas Vingegaard | ![]() |
2024 | Tadej Pogačar | ![]() |
Robbie Hunter en John-Lee Augustyn was die eerste twee Suid-Afrikaners wat aan die Tour de France deelgeneem het. Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner nog wat 'n skof kon wen in die Tour de France en wel gedurende die 2007-toer. Daryl Impey het aan die 2012-toer deelgeneem en gedurende die 2013-toer die geeltrui gedra na die sesde skof, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon vermag. Tydens die 2019-toer het Daryl Impey die negende skof gewen en die tweede Suid-Afrikaner geword wat dit kon vermag.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tour de France. |