Troshofiesuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. welwitschii
|
Binomiale naam | |
Protea welwitschii Engl., (1892)
| |
Sinonieme | |
|
Die troshofiesuikerbos[1] (Protea welwitschii) is 'n struik wat aan die bekende Protea-genus van die Proteaceae-familie behoort. Dit is meestal 'n struik met 'n veelvoudige stam of 'n klein verkrompte boom wat in grasveld en bosveld voorkom. Die blare is blougroen en harig aan die basis as hulle volwasse is. Blomme kom gewoonlik in trosse van 3 of 4 voor, en die vrugte is 'n digte harige neut.
Die spesie is wydverspreid in Afrika suid van die Sahara[2] en kom in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Dit is die eerste keer deur Adolf Engler beskryf.[3]
Die boom se FSA-nommer is 98.2[4]. In Engels staan dit as die Cluster-head sugarbush bekend, wat aanleiding gee tot sy ander Afrikaanse naam troshofiesuikerbos.